Duitsers gaan Sondae rus

Deel op

Die grondwethof in Duitsland het beslis dat alle winkels op Sondae gesluit sal wees.

Dié wysiging van die wet kom nadat winkels in Berlyn sewe dae ’n week vir sake oopgebly het, te midde van hewige teenkanting deur die land se kerke.

Die Duitse hof het Dinsdag beslis dat inkopietye soos dit tans daar uitsien, Duitse wetgewing wat vereis dat Sondae ’n amptelike rusdag is, verontagsaam.

In 2006 is Berlynse winkeleienaars toegelaat om hul winkels vier Sondae voor Kersfees en twee Sondae gedurende die jaar oop te hou vir besigheid.

Duitsland se Lutherse en Katolieke kerke was egter van meet af aan hewig teen Sabatsontheiliging gekant.

 

многоступенчатый насос ценалобановский обыск

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.