Kosmetiese boudoperasie kos haar lewe

Deel op

‘n 38-jarige voormalige Juffrou Argentinië het aan komplikasies gesterf nadat sy kosmetiese sjirurgie aan haar boude ondergaan het.

Solange Magnano, die moeder van ‘n tweeling, het die kroon in 1994 gewen en het Sondag weens ‘n pulmonêre embolisme gesterf, na drie dae in ‘n kritieke toestand wat gevolg het op ‘n gluteoplastie in Buenos Aires.

Haar goeie vriend, Roberto Piazza, sê die prosedure het inspuitings behels en die vloeistof het “na haar longe en brein gegaan.”

“’n Vrou wat alles gehad het, het haar lewe verloor ter wille van ‘n effens fermer sitvlak,” sê hy.

Magnano’s se begrafnis is gister op Argentynse televisie vertoon.

Dr. Gonzalo Cortes y Tristan sê sy het by sy hospitaal met ‘n akute respiratoriese agterstand opgedaag. Haar toestand het verswak totdat sy die embolisme gely het.

 

hair accessories forданильченко юрій броніславович компромат

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.