Chris ‘Boetman’ Louw skiet homself met AK-47

Chris Louw
Deel op

Chris LouwVolgens kollegas en vriende van die veteraanjoernalis Chris Louw het hy selfmoord gepleeg deur hom met ‘n AK-47 op die dak van sy huis te skiet. Blykbaar het Louw, ‘n voormalige redakteur van RSG se aktualiteitsprogramme Monitor en Spektrum, finansiële probleme gehad en is daar die afgelope tyd ook 40 keer by sy huis op ‘n kleinhoewe by Silkaatsnek tussen die Hartebeespoortdam en Brits ingebreek.

Louw het in die jaar 2000 vir ‘n opskudding gesorg toe hy ‘n ope brief aan Willem de Klerk, broer van FW de Klerk, geskryf het wat aanstons as die “Boetman”-brief bekendgestaan het. PRAAG het die volledige brief van 5 000 woorde in boekvorm uitgegee.

In die onlangse tyd het Louw meer en meer krities oor die huidige bestel begin raak, ook as gevolg van sy werk as vryskutlandbouskrywer en die toenemende inbrake en aanvalle op sy eie plasie by Silkaatsnek. Hy het skerp kritiek op prof. Jonathan Jansen, nuut aangestelde bruin rektor van die Vrystaatse Universiteit, gelewer in artikels wat in Rapport en in Beeld gepubliseer is. Onder andere het hy Jansen as ‘n “wolf in skaapsklere” bestempel wat beplan om Kovsies stelselmatig te transformeer en te verengels.

Hy laat sy vrou Johanita en twee kinders, ‘n seun en ‘n dogter, agter.

подвесные потолочныеданильченко юрій броніславович компромат

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.