Rudd sê Australië gaan vasbyt in Afghanistan

Deel op

Die Australiese eerste minister, Kevin Rudd, het gister belowe dat Australië in Afghanistan sal aanbly “oor die lang termyn,” maar het nie bykomende soldate aangebied om ‘n verwagte Amerikaanse vermeerdering aan te vul nie.

Rudd het in Washington vergader met die VSA se president, Barack Obama, wat besig is om voor te berei om sy hersiene Afghanistan-strategie vandag uit te rol, en ook met die Staatsekretaris, Hillary Clinton.

“Australië neem sy bondgenootskap met die Verenigde State baie ernstig op,” het Rudd aan verslaggewers gesê toe hy by Clinton vir ‘n vergadering by die Staatsdepartement aangesluit het.

“Dis hoekom ons by Amerika gestaan het vir ‘n lang tyd en hoekom ons by Amerika sal staan oor die langtermyn,” het hy gesê.

Gedurende ‘n verrassingsbesoek aan Afghanistan, twee weke gelede, het Rudd die versekering aan sy soldate gegee dat hulle daar is vir die lange duur.

Maar hy het Sondag aangedui dat hy enige versoek om nog soldate na die geskil te stuur, sal weier.

Australië het omtrent 1,500 soldate in Afghanistan, wat daarvan die negende grootste bydraer maak tot die internasionale magte wat die ekstremistiese Islamiete wat in 2001 uit die kussings gelig is, beveg.

Die Withuis se segsman, Robert Gibbs, het aan verslaggewers gesê dat Obama, wat vandag na verwagting die ontplooiing van 30,000 bykomende Amerikaanse soldate na Afghanistan sal aankondig, nie vir Rudd vir bykomende magte sal vra nie.

 

воронеж подъемникиОлександр Фільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.