2010: Nie plek vir toetsrugby nie

Deel op

Volgende jaar se toetswedstryd tussen Suid-Afrika en Frankryk op die 12de Junie, kan nie in Suid-Afrika aangebied word nie, weens die Sokkerwêreldbekertoernooi wat dan reeds begin het. Die wedstryd, wat deel van die Franse se seisoeneindetoer uitmaak, sal na Europa verskuif word. Dit blyk dat die Wembley-stadion in Engeland die aangewese plek is.

Benewens die Springbokke, sal die Franse ook teen ‘n Suid-Afrikaanse A-span speel voordat hulle die toer teen Argentinië afsluit. Die toer is deel van Frankryk se voorbereidings vir die Wêreldbekertoernooi in Nieu-Seeland in 2011. Hulle sal ook teen Ierland in Augustus en Ierland speel.

Frankryk is geskeduleer om teen die All Blacks in die groepwedstryde van die Wêreldbeker te speel. Hulle het Saterdag ‘n loesing van 39-12 teen dié span op die lyf geloop.

001-гс/уФильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.