Switsers stem teen moskeeminarette

Stop-minaretteplakkaat in Switserland
Deel op

Stop-minaretteplakkaat in SwitserlandDie Switserse media spreek vandag hul kommer uit oor die naweek se referendum waarin die bou van moskeeminarette verbied is.

Die Franstalige koerant Le temps meen die uitslag “is deur vrees, fantasieë en onkunde” veroorsaak en waarsku dat daar “skouspelagtige skade” aan Switserland se internasionale aansien gaan wees.

“Weerwraak, boikotte, terugslae… die botsing met Islam kan baie duur wees,” skryf die Geneefse dagblad verder.

“Sekere mense, wat deur die krisis getraumatiseer is, het ‘n stem van protes en agterdog uitgebring, eerder as haat of wantroue. Dié stem het nou in ‘n bom verander.”

Die dagblad van Lausanne sê dat uitvoere, toerisme, die luuksebedryf en die finansiële nywerheid almal ‘n teenreaksie behoort “te vrees”.

Die Journal du Jura meen gister se referendum was ‘n “eie doel uit vrees” terwyl die koerant La liberté in Fribourg in ‘n hoofartikel skryf dat “vrese wat verbind is aan die Islamisering van die land en die vermenging van bevolkings wat te vinnig plaasvind” die uitslag beïnvloed het.

Die Tagesanzeiger, ‘n dagblad in Zürich, sê dat die land intens verdeeld geraak het tussen ‘n “moderne en internasionalistiese” kant en ‘n ander wat “tradisionalisties en nasionalisties” is. Volgens die koerant gaan die referendum “die internasionale isolasie van Switserland selfs onder Westerse lande” verhoog.

Die referendum om die torings wat aan moskees verbind is en waarvandaan Moslems tot gebed opgeroep word, te verbied, is gister met ‘n stempersentasie van 57,5 persent goedgekeur. Stemme is in 22 van die land se 26 kantons uitgebring.

Vooraf is voorspel dat die “nee”-stem teen ‘n verbod op minarette sou seëvier aangesien die media en die Switserse establishment dié standpunt gesteun het. ‘n Alliansie van die regse Switserse Volksparty en linkses, asook feministe,  wat die “ja”-stem gesteun het, het egter vir gister se verrassing gesorg.

купить тамбов подъемники ножничныеданильченко юрий брониславович прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.