Die terreur van plaasmoorde

Deel op

Die stelling van die ondervoorsitter van die Christen-Demokratiese Alliansie (CDA), ds. Theunis Botha, dat plaasmoorde niks anders as terreur is om boere van hul plase te intimideer nie, is nie ‘n nuutjie nie. Sy reaksie kom nadat adjunkpresident Kgalema Motlanthe opnuut boere vir die plaasaanvalle geblameer het.

Die syfers na alle kante dui daarop dat mense wat meen plaasmoorde is terreur ‘n punt beet het. Suid-Afrika se amptelike moordkoers is in die omgewing van 40 per 100 000 per jaar teenoor die wêreldgemiddeld van 5, terwyl die syfer onder boere en hul gesinslede by tye in die omgewing van 130 per 100 000 per jaar is. Saam met normale landbouverwante ongevalle, maak dit boer wees in Suid-Afrika ‘n gevaarliker beroep as om ‘n Chinese steenkoolmynwerker te wees.

Daar is nog ‘n manier van hierna kyk. In die ooreenstemmende tyd is ongeveer dubbel soveel mense deur plaasmoorde in Suid-Afrika afgemaai as wat Britse soldate in die oorloggeteisterde Afganistan omgekom het.

Veel is al geskryf oor die wreedheid waarmee plaasaanvalle gepaard gaan.

Dit beteken nie die regering het gaan sit en ‘n beleid geformuleer dat boere deur plaasmoorde van hul plase af geïntimideer moet word nie. Dat die regering egter dade en uitsprake stilswyend gekondoneer het wat ongeveer dieselfde impak het, is egter ook so. Dit het byvoorbeeld ‘n appèl teen ‘n bevinding van die Menseregtekommissie gekos om die slagkreet “Kill the Boer, kill the farmer” tot haatspraak verklaar te kry.

‘n Vorige minister van Landbou, Lulu Xinwana, was deurlopend by boere in onguns oor uitsprake. Haar Kerkplein-uitbarsting teen boere wat hul plaaswerkers sou mishandel was gebaseer op ‘n verslag van ‘n enkele voorval in die Wes-Kaap. Hierdie insident het boonop geblyk die gevolg van fabrikasie van ‘n Nie-regeringsorganisasie te wees wat ‘n vroulike plaaswerker voorgesê het. Sy het later tot bekering gekom, en erken dit was vals en die boer om vergifnis gevra.

Nog later het dit geblyk dat die Onafhanklike Klagtedirektoraat dié beweerde voorval ondersoek het, en dit as vals bevind het, en dat die regering reeds sewe maande in besit van hierdie OKD se verslag was toe die minister haar opmerkings gemaak het. Ook die langdienende adjunk-minister van Landbou en Grondsake, wyle Dirk du Toit, was bekend vir sy gelaaide uitsprake.

Nou het Motlanthe ook die skuld vir plaasaanvalle op die boere self gepak. Sy stellings oor hoe boere hul werkers sou behandel is nie net grof veralgemeend nie, dit is al deur verskeie amptelike ondersoeke onder die loep geneem, en as ‘n vals aanname bevestig. Een so ‘n ondersoek was ‘n gesamentlike poging van Agri Wes-Kaap en die destydse ANC-beheerde provinsiale departement van Landbou, en die ander ‘n peperduur ondersoek deur die destydse Vrystaatse Premier, Winkie Direko wat onder meer behels het dat getuies op staatskostes van heinde en verre aangery is.

Die Wes-Kaapse ondersoek was skaars afgehandel of ‘n string NRO’s en politici uit die Wes-Kaap gaan eenvoudig voort met die aantygings tydens ‘n nasionale grondberaad. Die waarheid word gewoon te maklik vir politieke munt opgeoffer.

Statistieke SA het pas weer syfers bekend gemaak oor hoe die aantal kommersiële boerdery-eenhede in Suid-Afrika deurgaans verminder. Verskeie faktore speel ‘n rol, maar dat baie mense nie meer kans sien vir die blootgestelde lewe op plase nie, is ook waar. Die ironie is dat verskeie boere wat vir hul veiligheid op die dorp gaan woon het – waaronder ‘n vroueboer van Boshof en ‘n boer van Paul Roux, kort na mekaar in hul dorpshuise vermoor is.

Grusame aanvalle soos hierdie kan as niks anders nie as terreur beskryf word, selfs al sou dit nie spesifiek of deurgaans politieke terreur wees nie – is die kommandostelsel ontbind.

торшеры интернет магазинtopcargo отзыв

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.