Swarte verkrag twee 9-jariges

Deel op

‘n Swartman van 24 is in hegtenis geneem weens die verkragting van twee meisies van nege jaar oud, het die polisie in Katlehong vanoggend laat weet.

Kaptein Mega Ndobe het gesê die man het na bewering die meisies op straat in die Moleleki-buurt van Katlehong genader

“Hy het hulle na ‘n snoepwinkel gestuur en toe hulle terugkeer, het hy een van die meisies in sy huis in gedwing en haar verkrag,” het hy gesê.

Die eerste meisie is op 5 November verkrag, terwyl die tweede Saterdag verkrag is.

“Die tweede slagoffer het haar ouers vertel dat sy verkrag is en hulle ook oor haar vriendinnetjie vertel,” het Ndobe voortgegaan.

Die man is Sondag in hegtenis geneem.

Die polisie in Katlehong het ook 175 mense vir allerlei misdade in die gebied in hegtenis geneem, waaronder poging tot moorde, aanranding, diefstal, die rig van ‘n vuurwapen, kwaadwillige saakbeskadiging en openbare dronkenskap, asook onwettige immigrasie.

Die verdagtes sal na verwagting vandag in howe verskyn in Natalspruit, Alberton en Germiston, afhangend van waar hulle gearresteer is.

печь для бани купитьОлександр Васильович Фільчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.