Blankes se skuldgevoelens

Deel op

Een van die mees gewilde mites wat daagliks in Suid-Afrika gebesig word, is welke geweldige voordeel apartheid kwansuis aan blankes sou verskaf het en steeds aanhou verskaf. Dikwels is daar amper ‘n soort aanname, gesproke of ongesproke, dat die meerderheid blankes ryk geërf het en op een of ander manier opvoedkundig bevoordeel is, en dit gevolglik maklik vind om byvoorbeeld ‘n kasarm van ‘n huis te koop.

Daar is ook ‘n aanname dat die vorige bedeling dit op een of ander manier vir blankes moontlik gemaak het om sonder veel moeite in bestuurs- en professionele poste te beland. Skryf bloot jou matriek en stap dan summier in ‘n bestuurspos in, sou mens kon glo. Hierdie mededingende voordeel wat na bewering sou bestaan het, word aangevoer as die rede waarom blankes permanent deur rassistiese praktyke soos regstellende aksie benadeel moet word. Die verskuilde agenda hieragter is dikwels dat daar ‘n verwagting is dat blankes moet bekhou en hul bates sonder teëspraak moet oorhandig. Dit maak staat op die verwekking van misplaaste skuldgevoelens onder blankes.

Ek lees byvoorbeeld hierdie stuk op Moneyweb se werf, wat handel oor hoe die sogenaamde swart diamante sukkel om huise gekoop te kry in tradisionele blanke gebiede. Die subteks is dat blankes minder sou sukkel, want almal “weet” immers hoe “apartheid blankes bevoordeel het”.

Dit ly geen twyfel dat daar welvarende blankes in Suid-Afrika is nie. Alhoewel ‘n groot persentasie van hulle van Engelse of Joodse herkoms is, is daar ook kennelik ryk Afrikaners en, ja, ook diegene wat die wynplaas in Stalinbos geërf het. Hulle is egter deel van ‘n baie klein minderheid.

Ek praat hier uit ‘n persoonlike oogpunt, maar dit is duidelik dat ek hetsy die buurt waarin ek grootgeword het, hetsy my familie swak gekies het, want min kennisse of familielede van my kan as ryk bestempel word. Van ‘n erwery en ‘n silwer lepel in die mond was daar by ons geen sprake nie. Die oorweldigende meerderheid Afrikaners het nie die familieplaas gekry toe hul ouers oorlede is nie, maar stam veel eerder van armblankes af. Daar was pogings om armblankes op te hef, wat sommiges probeer beweer soortgelyk aan die hedendaagse SEB was, maar dit was niks van die aard nie.

Swart ekonomiese bemagtiging, SEB, is in wese ‘n oorhandiging van bates op ‘n skinkbord aan diegene wat die regte mense ken. Wanneer SEB gekritiseer word, is die verweer dus dikwels dat Afrikaners dit ook in die verlede gedoen het. Hiermee verskil ek ten sterkste. Anton Rupert het baie, baie beslis nie die Engelse en Joods mynmagnate se bates, met ander woorde ander mense se rykdom, op ‘n skinkbord gekry nie. Daar was nie ‘n geplundery soos die R400 miljoen wat deur Telkom aan Smuts Ngonyama in ruil vir absoluut geen teenprestasie oorhandig is nie. Rupert het sy ondernemings letterlik van die grond af opgebou.

Wat die opheffing wel behels het, was dat maatskappye soos Sanlam gestig is vir Afrikaners, met Afrikaners se spaargeld. Dit was dus ook nie in hierdie opsig ‘n soort Afrikaner-SEB nie, want dit het nie op die plundery van ander mense, die staat of organisasies se geld berus nie.

Van grootskeepse baantjies vir boeties, bevoordeling en voortrekkery dra ek nie persoonlike kennis nie. Dit kon weliswaar met kinders van die paar duisend Afrikaners wat deel was van die Broederbond gebeur het, maar ek kan eerlikwaar sê dat nie een van my vriende of familielede wat uit my generasie kom, uit die skool of uit die universiteit gestap het en ‘n huis gaan bewoon het wat gekoop is met geldelike hulp van ryk ouers nie. Die patroon was veel eerder dat ons vir jare in plekke soos Sunnyside (vóórdat dié buurt ‘n vuil misdaadnes geword) in huurwoonstelle gewoon het, en uiteindelik genoeg geraap en skraap het om ‘n woning van ons eie te koop. Van my ouers se generasie is daar vandag steeds kennisse van ons wat in woonstelle woon.

Alhoewel daar werkreservering was vir laaggeskoolde blankes, byvoorbeeld in die goudmyne, was dit geensins algemeen dat iemand soos Jacob Maroga aangestel kon word in ‘n plek ver bokant sy vuurmaakplek nie. ‘n Afgetrede medelid van Praag, wat soos ek ‘n ingenieur is, het my vertel dat Afrikaneringenieurs wat van sy generasie kom, nie toevertrou is met ontwerpwerk alvorens hulle nie deeglike opleiding onder Engelse ingenieurs ontvang het nie. Van die hedendaagse obsessie met die rampspoedige aanstellings van gepigmenteerdes in senior poste waarteen hulle geensins opgewasse is nie, was daar stellig min sprake.

Ek is eweneens seker dat ‘n baie groot aantal professionele Afrikaners uit gewone huishoudings gekom het en self vir hulle studies moes betaal. Dit was boonop dikwels uitsonderlik dat mense universiteit toe kon gaan, veral van my ouers se geslag. Dit was beslis nie die geval dat Afrikaners soos swartes vandag by die Universiteit van Kaapstad slegs 70% moes haal om toelating tot die Fakulteit Geneeskunde te kry nie. Jy was nie bevoordeel tydens die nasien van vraestelle bloot omdat jy ‘n blanke was nie. Weer eens, miskien het die Broederbond sulke onderduimshede gepleeg, maar dit het nie met die gewone Afrikaners wat saam met my op universiteit was, gebeur sover ek bewus was nie.

Benewens die feit dat baie vir hul eie studies moes betaal, moes mans van my generasie ook twee jaar van ons lewens afstaan om diensplig te doen, teen ‘n absurde besoldiging. My eerste soldy as ‘n sappeur in die Geniekorps was ‘n volle R171 per maand.

Die gevolge van blankes wat nie gelukkig genoeg was om dikwels karige geleenthede te kon aangryp nie, word toenemend duidelik. Daar is reeds tientalle blanke plakkerskampe rondom Pretoria. Alhoewel suksesvolle blankes se inkomste sedert 1994 gestyg het, is dit ‘n noodwendige gevolg van die ANC se rassistiese praktyke wat blankes op Darwiniaanse wyse gedwing het om hul by omstandighede aan te pas en entrepreneurs te word. Die Gini-koëffisiënt onder blankes kom daagliks nader aan 1, want daar is ‘n vinnig groeiende blanke onderklas, wat stelsematig verarm.

Ek verwerp dus die aantyging dat SEB bloot is wat die Afrikaners gedoen het en gun die begunstigdes daarvan soos Smuts Ngonyama en Tokyo Sexwale gevolglik nie hulle rykdom nie. Hulle is niks meer as gewone parasiete nie, omdat hulle geen snars waarde toevoeg nie en hul rykdom in terme van gewettigde korrupsie bekom het. Ek gun Afrikaners soos die Ruperts wat deur middel van harde werk welvarend geword het, wel hulle rykdom. Ook aan diegene wat nie Ruperts is nie, maar deur harde werk, entrepreneurskap en die neem van risiko’s suksesvol geword het, veral sedert 1994, wil ek sê: welgedaan! Ek is seker die groot meerderheid van hierdie mense sal saamstem dat dit meestal aan hul eie harde werk toe te skryf is en niks met die sogenaamde bevoordeling wat apartheid sou gebied het te make het nie.

Laat staan dus gerus jou skuldgevoelens, meneer en mevrou die suksesvolle Afrikaner of, as jy dan móét skuldig voel, sorg dat jy jou medeblankes wat swaarkry bystaan, en nie die lede van ander volke wat reeds ‘n onregverdige voordeel geniet nie.

Lees Anton Barnard se woernaal SAmizdat.

игри для детей 6 летДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.