Swapo se greep dalk verslap

Deel op

Namibië se regerende party gaan moontlik sy greep op die land verslap sien met die uitdaging van ‘n wegbreekparty wat ook aan die verkiesing deelneem.

Pres. Hifikepunye Pohamba was Vrydag van die eerste stemgeregdigdes wat sy kruisie getrek het.

Pohamba se SWAPO-party het die nuwe opposisie verwerp en gesê die verkiesing sal ‘n oortuigende oorwinning vir dié land se voormalige guerrilla-beweging beteken.

Altesaam veertien partye sal meeding vir stemme van die ongeveer 1,2 miljoen geregistreerde kiesers uit ‘n bevolking van byna 2 miljoen.

Namibië se voormalige minister van buitelandse sake, Hidipo Hamutenya, hoop om SWAPO se absolute meerderheid met sy Rally for Democracy and Progress (RDP) party, wat in 2007 gestig is, ‘n knou toe te dien.

Pohamba is persoonlik deur dié land se eerste demokraties verkose president, Sam Nujoma, as sy opvolger gekies.

Lojaliteite teenoor Nujoma en sy party is steeds sterk en die regering word geprys vir die daarstelling van ‘n vreedsame en stabiele demokrasie, maar daar heers toenemende kommer oor SWAPO se houvas op die land.

Stemmery het volgens berigte glad verloop tot dusver, alhoewel ‘n paar logistieke probleme op plekke aangemeld is.

Die verkiesingskommissie van Namibië moes ook die getal geregistreerde kiesers laat hersien, nadat opposisie partye dié syfer van 1,36 miljoen kiesers, uit ‘n bevolking van 2 miljoen, bevraagteken het aangesien 50% van die bevolking onder die ouderdom van 16 jaar is.

Stemme sal nou ook vir die eerste keer by die stemlokale self getel word om knoeiery deur partye hok te slaan.

Die stembriewe is ook in Suid-Afrika herdruk na dit aan die lig gekom het, dat ‘n maatskappy wat deur SWAPO besit word, die stembriewe gedruk het.

Daar is altesaam 987 stemlokale en 580 mobiele-stembusse wat voorsiening maak vir die land se bevolking wat wyd oor ‘n ongenaakbare landskap versprei woon.

Die uitslae sal vanaf Maandag bekend gemaak word.

 

настенные светильники бралобановский александр компромат

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.