Verslae van haatmisdade teen homoseksueles en godsdiensgroepe het skerp gestyg in 2008, volgens data van die FBI wat gister vrygestel is.
Oor die geheel het gerapporteerde haatmisdade met omtrent twee persent toegeneem. Dieslefde syfers toon ‘n amper 11 persent styging in haatmisdade gebaseer op seksuele oriëntasie en ‘n bykanse nege persent gebaseer op godsdiens.
Die grootste kategorie, rasgemotiveerde haatmisdade, het met minder as een persent gedaal.
Joe Solmonese, die president van Menseregte Veldtog, die grootste Amerikaanse homoseksuele-regte groep, het die getalle onaanvaarbaar genoem en gesê dit toon ‘n noodsaaklikheid vir die uitbreiding van die federale haatmisdaadwet wat verlede maand deur president Barack Obama geteken is.
Onder al die kategorieë van haatmisdade hou omtrent ‘n derde verband met vandalisme of saakbeskadiging. Omtrent dertig persent sluit intimidasie van een of ander aard in en nog dertig persent is fisiese aanvalle.
Brian Levin, direkteur van die Sentrum vir die Studie van Haat en Ekstremisme by die Universiteit van Kalifornië in San Bernadino waarsku dat die getalle misleidend kan wees omdat sekere state soos Kalifornië, Nieu Jersey en Ohio die getalle nougeset aanmeld, terwyl ander – Georgia, Hawaii, Mississippi en Pennsylvania – dit nie doen nie.
Konserwatiewe kommentators wys ook uit dat die praktiese toepassing van die wet nie voorsiening maak vir sogenaamde haatmisdade wat deur anderskleuriges teenoor blankes gepleeg word nie.