Duitsers herstel hoogspringrekord van 1936

Duitsland se atletiekvereniging het ‘n hoogspringrekord van 1936 in ere herstel aan Gretel Bergmann wat daarvan gestroop was en van daardie jaar se Berlynse Olimpiese Spele deur die Nazi’s verban is omdat sy ‘n Jodin was.

Die vereniging sê in ‘n verklaring dat die gebaar om Bergmann se sprong van 1,60 meter in die rekordboeke te herstel “op geen manier kan opmaak” vir die verlede nie maar dat dit “‘n daad van geregtigheid en ‘n simboliese gebaar was.”

Dit het ook versoek dat die 95-jarige Bergmann in die Duitsland se sportroemsaal ingesluit sal word.

Bergmann is in Laupheim gebore maar het in 1937 na die Verenigde State geëmigreer waar sy steeds woon.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.