Twee Franse in Afrika ontvoer

Deel op

Twee Franse hulpwerkers is in ‘n plofbare gebied van die Sentraal Afrika Republiek naby die grens met Tsjaad en Soedan ontvoer, het ‘n hulpgroep gister gesê.

Die twee personeellede is van die Triangle-hulpgroep van Lyon, Frankryk en is laat Sondag in Birao in die land se noordooste ontvoer, sê Christian Lombard, die groep se mededirekteur. Hy sê hy kan geen inligting oor die omstandighede of die ontvoerders verskaf nie.

Die Sentraal Afrika Republiek, een van die wêreld se armste lande, is ernstig belemmer deur gevegte in die aangrensende Darfoer-streek in Soedan. Triangle se pogings daar sluit die verbetering van watervoorrade en die bou van skole in, volgens hulle webblad.

Die Franse Buitelandse Ministerie sê hulle “verdoem hierdie kriminele optrede wat, weereens, hulpwerkers tref in ‘n streek waar NRO’s essensiële bystand aan die bevolking lewer.”

Die ministerie het ‘n oproep gedoen vir die “onvoorwaardelike en onmiddellike” vrylating van die gevangenes. In hulle verklaring sê die ministerie dat hulle en die ambassade in die Sentraal Afrika Republiek in nabye kontak is met die hulpgroep en die families van die ontvoerdes.

Die personeellede se identiteit is nie vrygestel nie.

 

винтовые компрессоры remezaФільчаков Олександр Васильович прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.