Hamas wil gevangenes vir Israelisoldaat ruil

Deel op

Hamas-leiers het hulleself gister na Egipte gehaas te midde van tekens van vooruitgang in ‘n ooreenkoms om honderde Palestynse gevangenes vir ‘n Israeli-soldaat wat vir meer as drie jaar deur die militante Islamitiese groep gevange gehou is, te ruil.

Die uitruiling kan Hamas ‘n hupstootjie ten koste van hulle sleutelopponent, die Westersondersteunde president Mahmoed Abbas gee, deels omdat een van die gevangenes wat vrygelaat sal word Marwan Barghouti, sy hoofuitdager, is.

Amptenare aan beide kante het gemaan teen oordrewe optimisme oor ‘n ooreenkoms wat nog beklink moet word. Tog lyk dit of omstandighede aan beide kante ryp word vir so ‘n ooreenkoms.

Israel en Hamas is gewikkel in aan-en-af gespreke sedert Gasa-militantes ‘n tonnel tot in Israel gegrawe en sersant Gilad Schalit in 2006 gevangene geneem het in ‘n strooptog waarin nog twee soldate gedood is. Tot onlang het die samesprekinge wat deur Egipte bemiddel word, weinig vordering opgelewer.

Die Israeli eerste minister, Benjamin Netanyahu is gretig vir ‘n deurbraak. Om Schalit huistoe te bring sal vir hom ‘n groot huishoudelike hupstoot gee en ‘n belangrike diplomatieke deurbraak verskaf in ‘n tydperk waarin die internasionale gemeenskap hom kritiseer dat hy nie genoeg doen om vrede te bevorder nie.

 

crystal tiarasОлександр Васильович Фільчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.