Lekota verdedig Mbeki

Deel op

Cope se president Mosiuoa Lekota het oproepe om voormalige president Thabo Mbeki en diegene wat onder hom gedien het, vir volksmoord aan te kla, as onverantwoordelik bestempel en ‘n gevaarlike verdraaiing van die geskiedenis van die land, het die SAUK Maandag berig.

Lekota het gereageer op oproepe van die Jong Kommuniste-liga dat Mbeki aangekla word omdat hy na bewering die MIV-Vigs-kwessie tydens sy ampstermyn wanbestuur het.

Hy het gesê vir die misdaad van volksmoord moes daar ‘n opsetlike beleid gewees het of ‘n besluit om mense dood te maak. Hy het gesê daar was geen so ‘n besluit deur die ANC of die kabinet nie.

Lekota se verklaring kom slegs ‘n week nadat jeugleier Julius Malema gesê het dat die ANC-jeugliga nie sal toelaat dat Mbeki vir volksmoord aangekla word nie.

“Ons moet nooit ons leiers afstaan nie,” het Malema by ‘n glansgeleentheid van die Pan-Afrika Jeugunie by Emperor’s Palace in Boksburg verlede Maandag gesê.

“Thabo Mbeki het dalk foute gemaak, maar ons kan hom nooit aankla nie.”

“Ons kan nie een van ons eie aankla nie. As ons dit toelaat, gaan dieselfde ding met [Zimbabwiese President Robert] Mugabe, en dieselfde ding met [President Jacob] Zuma gebeur, en die volgende wat jy weet, kom hulle vir jou,” het Malema gesê.

 

купить футболку хаки детскуюдепутат лобановский

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.