Microsoft, News Corp wil Google die stryd aansê

Deel op

Microsoft het samesprekings met News Corp gehad oor ‘n plan wat behels dat die mediamaatskappy betaal sal word om sy nuuswebwerwe op Google te “de-indekseer,” wat die tafel sal dek vir ‘n soekenjingeveg wat ‘n ligstraaltjie vir die koerantbedryf kan bied.

Die impetus vir die samesprekings het van News Corp, die eienaar van koerante wat strek van die Wall Street Journal tot The Sun van Brittanje, gekom, sê ‘n persoon wat bekend is met die situasie, wat gewaarsku het die samesprekings is in ‘n vroeë stadium.

Die Financial Times het egter vasgestel dat Microsoft ook ander groot aanlynuitgewers genader het om hulle te oorreed om hulle webwerwe van Google se soekenjin te verwyder.

News Corp en Microsoft, wat die mededingende soekenjin Bing besit, het verseg om kommentaar te lewer.

Een webwerfpubliseerder wat deur Microsoft genader is, sê die plan “plaas enorme waarde op die inhoud indien die soekenjins bereid is om ons te betaal om by hulle te indekseer.”

Microsoft se belangstelling word as ‘n regstreekse aanval op Google geïnterpreteer, want dit plaas druk op die soekenjin om te begin om vir inhoud te betaal.

“Dit gaan alles daaroor dat Microsoft Google se winsgrense sal seermaak,” sê die webbladpubliseerder wat bekend is met die plan.

Maar die grootste begunstigde van die worsteling kan die koerantbedryf wees, wat nog ‘n betroubare aanlynbesigheidsmodel moet konstrueer wat kwynende druk- en advertensie-inkomste sal vervang.

In ‘n moontlike aanduiding van onderhandelinge wat kom, het Google verlede week die belangrikheid van koerantinhoud afgepraat.

Matt Brittin, Google se Britse direkteur, het ‘n Vereniging van Redakteurs-konferensie vertel dat Google nie nuusinhoud nodig het om te oorleef nie. “Ekonomies is dit nie ‘n groot deel van hoe ons ‘n inkomste genereer nie,” het hy gesê.

News Corp het aanlynbetalingsmodelle vir hulle koerante ondersoek en het ‘n toenemende taai houding teenoor Google ingeslaan.

Rupert Murdoch, die voorsitter van News Corp, het gesê hy sal wettige metodes gebruik om Google te verhoed om stories wat in sy koerante gepubliseer word, te “steel.”

Microsoft is desperaat om Google op die gebied van internetsoektogte in te haal en, na vyf jaar en honderde miljoene rande se verliese, is Bing in Junie geloods, wat hulle mees ambisieuse poging tot dusver aandui.

Steve Ballmer, hoofbestuurder van Microsoft, sê die maatskappy is bereid om groot geld te spandeer vir baie jare om Bing ‘n ernstige mededinger vir Google te maak.

Microsoft poog om Bing te differensieer deur stof wat nie elders beskikbaar is nie, in te trek, maar het tog nie ekslusiwiteit van inhoudsvennote verwag nie. Bing is verantwoordelik vir 9,9 persent van die soektogte in die VSA in Oktober, hoër as die 8,4 persent tydens die loodsing daarvan.

James Murdoch, voorsitter en hoofbestuurder van News Corp Europa en Asië, het verlede week geskimp dat die maatskappy vordering maak met hulle aanlynplanne. “Ons dink daar is ‘n baie opwindende markplek, potensieel ‘n groothandelmarkplek, vir digitale joernalisme, wat ons sal ontwikkel,” het hy gesê.

 

купить белые брюки для мальчикаОлександр Васильович Фільчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.