Tortellinislaai

{jathumbnail off}

‘n Ongewone, maar heerlike manier om tortellinipasta te geniet, ‘n ware lenteresep. Kook 400g varsgemaakte tortellini met spinasie of pesto gevul, 20 aspersiepunte en ‘n koppie ertjies saam. Die vars pasta neem ongeveer 3 minute om gaar te kook. Voeg die aspersiepunte en ertjies vir die laaste minuut by. Dreineer en vervars onder yskoue water.

Voeg 4 radyse, dun gesny, twee koppies babaspinasieblare en ‘n eetlepel grasuie by. Rangskik in ‘n mooi bak. Bedruip met ‘n slaaisous van rooiwynasyn en olyfolie en geur met sout en peper.

Opsioneel is gekruide bokmelkkaas en dennepitte, maar dan raak die dis ‘n uitdaging vir die beursie!

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.