Ahmadinejad in Gambië

Die Iranse president, Mahmoed Ahmadinejad, het gister in Gambië aangekom vir ‘n werksbesoek van 24 uur wat daarop gemik is om verhoudinge tussen die Islamitiese republiek en die Wes-Afrika-land uit te bou.

Ahmadinejad sou samesprekings met sy Gambiese eweknie, Yahya Jammeh, oor ekonomiese en sekuriteitsaangeleenthede gevoer het.

Die Iranse leier – wat Gambië laas besoek het toe dit die Afrika-uniespitsberaad in 2006 aangebied het – sou agterna vertrek na Brasilië, Bolivia, Venezuela en Senegal.

Voordat hy op sy reis uit Teheran vertrek het, het hy gesê dat die lande wat hy op sy vyfdagreis sal besoek, “die vermoë het om ‘n nuwe wêreldorde teweeg te bring”.

девочка 14 лет в шортахлобановский александр жена

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.