Jonah Lomu speel weer rugby

Deel op

Die voormalige All Black-superster, Jonah Lomu, het gister in Frankryk sy terugkeer tot rugby gemaak toe hy vir sy Franse Derde Divisie-span, Marseille-Vitrolles in hulle 63-18 oorwinning oor Motmelian uitgedraf het.

Die 34-jarige Lomu, wat op die internasionale verhoog losgebars het tydens die 1995 Wêreldbeker in Suid-Afrika, net om lamgelê te word deur ‘n siekte wat ‘n nieroorplanting in 2004 geverg het, het nie daarin geslaag om ‘n drie te druk nie en het erken dat taalprobleme sy bydrae gekortwiek het.

“Dit was ‘n bietjie moeilik om my spanmaats wat baie vinnig Frans gepraat het, te verstaan,” het Lomu gereken. Hy het 63 toetse vir sy land gespeel en het ook vir ‘n seisoen vir Cardiff uitgedraf voordat hy na sy tuiste in North Harbour teruggekeer het.

“Ek het hulle gevra om bietjie stadiger te praat. Ek moet vertroue terugwen en ek moet ook beter met hulle kommunikeer. Ek het by tye ietwat verlore gevoel op die veld.”

Lomu, wie se vrou en seun hom van die paviljoen dopgehou het, het nou wel nie punte aangeteken nie maar sy trefkrag op die klub was duidelik uit die feit dat die wedstryd 2,500 toeskouers getrek het.

“Hierdie gaan oor meer as rugby,” sê die klubpresident, Claude Atcher. “Dit gaan oor siekte en lewe.”

Lomu sê hy hoop dit sal die begin van ‘n aantal plesierige jare in Marseille wees.

бланк справки для бассейнаФильчаков прокурор отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.