Schumacher terug in Formule Een? Wat’s die kans?

Michael Schumacher
Deel op

Michael SchumacherDit is onwaarskynlik dat Michael Schumacher na Formule Een sal terugkeer, ten spyte van kontak met die nuwe span, Mercedes Grand Prix, het die sewe-keer voormalige wêreldkampioen se segsvrou gister gesê.

“Michael geniet sy lewe. ‘n Terugkeer na Formule Een is nie ‘n onderwerp vir debat op die oomblik nie,” het Sabine Kehm gesê.

“Sover dit my aangaan, is ‘n terugkeer tans hoogs onwaarskynlik.”

Schumacher se bestuurder, Willi Weber, het erken dat daar kontak tussen die motorwedrenlegende en Mercedes is – al is dit informeel.

“Ek weet Michael het informeel met (Mercedes baas Dieter) Zetsche en Mercedes gesels toe hy by die Abu Dhabi-Grand Prix was,” het Weber Bild gister vertel. “En natuurlik gesels hy gereeld met Ross Brawn.

“Maar Michael het nie enige iets vir my persoonlik gesê oor kontak met Mercedes oor ‘n bestuurderskontrak nie.”

Die Duitse motorvervaardiger, Mercedes, het beheer van Brawn GP vroeër hierdie maand oorgeneem en verslae skimp dat Schumacher gereed is om by die nuwe span in te skakel, nadat hy uit die sport in 2006 getree het.

Om Schumacher te hê om vir hulle te bestuur, sal ‘n reuse aansporing vir die nuwe span wees, maar Mercedes se spanbaas, Norbert Haug, sê die idee is nog steeds grootliks net ‘n droom.

“Dit is duidelik dat daar altyd spekulasie in hierdie sport sal wees, veral wanneer kajuite nog nie gevul is nie,” het Haug gister vir Bild gesê.

“En sommige spekuleringe is net drome wat nie waar sal word nie.”

Spekulasie het oor die naweek gegroei dat Schumacher gereed staan om by die Mercedes-span aan te sluit nadat die BBC sportkenner en voormalige spaneienaar, Eddie Jordan, daarop aangedring het dat die moontlikheid daadwerklik ondersoek word.

Dié skuif sal Schumacher herenig met Ross Brawn, die spanaanvoerder van Mercedes, wat die meesterbrein was agter al sewe die Duitser se wêreldtitels by Benetton en Ferrari.

купить свитер для девочки 12 летФильчаков прокурор харькова

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.