Reuse motorbom gevind

Deel op

Lede van die Ierse Republikeinse Leër, IRA, het ‘n 180-kilogram motorbom buite die polisie se hoofkwartier in Belfast geplant maar die tuisgemaakte toestel het nie ontplof nie.

Konstabel Matt Baggott het gesê Saterdag se poging om die Nood-Ierse polisie se hoofkwartiere in die lug te blaas, ‘n aanval op die provinsie se hele vredesproses verteenwoordig.

Die motor wat vol plofstof gestop was het nie ontplof nie en geen skade is aan die gebou gerig nie.

Veiligheidsswagte het gesê hulle het twee mans sien weghardloop. Die verdagtes se voertuig is in die New Lodge-distrik gevind waar dit aan die brand gesteek is om bewysmateriaal te vernietig.

Gedurende dieselfde tyd as wat die motorbom moes ontplof, het drie gewapende mans skote na polisie in Garrison in die noordweste van die land gevuur.

Volgens Baggott het die polisie teruggeskiet maar niemand is beseer nie.

Drie verdagtes is naby Garrison in hegtenis geneem en ‘n vierde is net oorkant die grens gevang.

 

для автомойкиЛобановский Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.