Mussolini se bloed en harsings op eBay te koop

Benito Mussolini
Deel op

Benito MussoliniDie Italiaanse diktator, Benito Mussolini, se bloed en harsings is gister vir 15,000 euro’s te koop aangebied op die veilingwebwerf eBay, voordat die maatskappy die advertensie wat deur ‘n anonieme verkoper aangebied is, onttrek het.

“Geen bod is ingedien in die kort tydjie wat die advertensie vertoon is nie,” sê eBay op hulle webblad, en verduidelik dat die verwydering op grond daarvan dat die maatskappy nie die verkoop van menslike stof goedkeur nie, gedoen is.

“Dit is ‘n skande dat hulle probeer om my oupa se harsings en bloed te verkoop,” het Alessandra Mussolini, die neo-fascis en kleindogter van Il Duce gesê.

Sy sê die oorskot van haar oupa, wat deur partisane aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog gehang is, is normaalweg deur ‘n hospitaal in Milaan gehou. Die hospitaal het die aantyging ontken.

детские игры для деданильченко юрій броніславович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.