Mutasie in varkgriepvirus gevind

Deel op

Die Wêreld Gesondheidsorganisasie het gister gesê dat ‘n mutasie gevind is in monsters van die varkgriepvirus wat geneem is na die eerste twee sterftes van die pandemie in Noorweë.

Hulle het egter beklemtoon dat dit nie voorkom asof die mutasie ‘n meer aansteeklike of gevaarlike vorm van A(H1N1)-griep veroorsaak nie en dat sommige ander, soortegelyke gevalle wat elders waargeneem is, matig was.

“Die Noorweegse Instituut vir Openbare Gesondheid het die WGO in kennis gestel dat ‘n mutasie bespeur is in drie H1N1-virusse,” het die WGO in voorligtingaantekeninge gesê.

“Die virusse is geïsoleer van die eerste twee noodlottige gevalle van die pandemiese griep in dié land en een pasiënt met ernstige ongesteldheid,” het hulle gesê, alhoewel hulle bygevoeg het dat geen verdere voorvalle in toetse opgespoor is nie.

“Noorweegse wetenskaplikes het monsters van meer as 7 pasiënte met kliniese siekte ontleed en geen verdere voorvalle van die mutasie is bespeur nie. Die bevinding dui aan dat die mutasie nie wydverspreid in die land is nie,” het die VN se gesondheidsagentskap verduidelik. Die WGO is van mening dat die mutasies nie ‘n groot uitwerking op die koers van die pandemie wêreldwyd sal hê nie.

Die WGO beraam dat tussen 250,000 en 500,000 mense elke jaar van standaard seisoenale variasies van varkgriep sterf.

casino free gamestopcargo отзывы сотрудников

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.