Volksblad kry bruin redakteur

Ainsley Moos
Deel op

Ainsley MoosDie oudste Afrikaanse koerant in die land, Die Volksblad, kry van aanstaande jaar af ‘n bruin redakteur, mnr. Ainsley Moos. Hy sal vanaf Januarie 2010 die leisels by mnr. Jonathan Crowther oorneem wat ná 36 jaar in die joernalistiek aftree.

Crowther was tien jaar lank Die Volksblad se redakteur. Die koerant behoort aan die land se grootste mediagroep, Nasionale Pers, wat ‘n beleid van regstellende aksie en transformasie toepas.

Moos is slegs 31 jaar oud en waarskynlik een van die jongste redakteurs in die land. Hy is tans redakteur van Die Landbouweekblad, wat insgelyks ‘n Nasperspublikasie is.

Van die vier groot Nasperskoerante in Afrikaans (die ander is Beeld, Die Burger en Rapport), was Die Volksblad tot dusver die koerant wat konserwatiefste politieke beleid gevolg het en ook heelwat kritiek teen die ANC van lesersbriewe en gasrubriekskrywers toegelaat het.

Dis tans nog onduidelik of Moos hieraan gaan verander en die blad dalk in ‘n meer liberale en ANC-simpatieke rigting gaan stuur.

Die Volksblad bestaan reeds sedert 1904, toe dit deur die Nederlandse drukker Hendrik die Graaf in Potchefstroom in Nederlands as “Het Westen” opgerig is. Die naam is in 1917 na Die Volksblad verander, waarna die koerant ook in Afrikaans begin verskyn het.

Ainsley Moos is oorspronklik van Oudtshoorn in die Weskaap. ‘n Ander Kaapse bruine, prof. Jonathan Jansen, is onlangs as rektor van die Vrystaatse Universiteit aangestel, wat beteken dat Kapenaars nou twee van die invloedrykste posisies in Bloemfontein beklee.

euro online casinoФильчаков прокурор отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.