Caster hou goud, geld, titel

Die resultate van die geslagstoetse wat op die omstrede atleet, Caster Semenya gedoen is, sal ‘n geheim bly, het die departement van sport en ontspanning gesê.

“Ons het met die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) ooreengestem dat alle toetse vertroulik is en ‘n privaatsaak tussen die dokter en die pasiënt sal bly,” het die departement gesê.

“Daarom sal daar geen publieke aankondiging gemaak word oor wat die paneel van wetenskaplikes bevind het nie,” het hulle luidens ‘n verklaring gesê.

Daar is bevind dat die atleet nie vir die omstandighede blameer moet word nie en dat sy haar prys wat sy in Berlyn gewen het, moet terug kry.

“Caster Semenya is onskuldig bevind en sal dus haar gouemedalje terug kry, haar titel as die 800m wêreldkampioen behou en haar prysgeld ontvang,” het die department gesê.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.