IAAF stel Semenya-saak uit

Deel op

Die saak van die Suid-Afrikaanse hardloopster Caster Semenya sal nie gedurende hierdie weekse raadsvergadering van die IAAF bespreek word nie, hangende die afhandeling van toetse op die atleet, het die Internasionale Assosiasie van Atletiekfederasies gister gesê.

Die 18-jarige Semenya, wat tot oorwinning in die vroue 800 meters tydens Augustus se wêreldkampioenskappe gestorm het, het geslagsverifikasietoetse gedurende die somer in Suid-Afrika en Duitsland ondergaan na vrae oor haar geslag, en ‘n paneel deskundiges bestudeer die uitslae tans vir die IAAF.

“Daar sal geen bespreking van die Caster Semenya-saak gedurende die eersdaagse IAAF raadsvergadering wees wat in Monaco van 21-22 November gehou sal word nie,” het ‘n IAAF-verklaring gelees. “Die IAAF sal nie kommentaar lewer op die mediese aspekte van Caster Semenya se saak nie. Die mediese toetse van die atleet moet nog voltooi word.”

Daar was allerweë verwag dat die aangeleentheid op die agenda sou wees nadat die IAAF vroeër vanjaar gesê het daar sal geen besluit oor Semenya se saak wees voor die raadsvergadering in Monte Carlo nie.

Australië se Daily Telegraph het ‘n ongenoemde bron in September aangehaal wat beweer het Semenya is ‘n hermafrodiet met beide manlike en vroulike geslagseienskappe.

Die IAAF het nie die verslag bevestig nie.

Atletiek Suid-Afrika se president, Leonard Chuene en sy raad is deur die Suid-Afrikaanse olimpiese beheerraad geskors, hangende ‘n ondersoek nadat Chuene erken het dat hy gelieg het toe hy ontken het dat Semenya geslagstoetse ondergaan het voor die wêreldkampioenskappe.

магазин школьной одежды для девочеклобановский супермаркет класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.