Iran dreig IAEA oor inspeksie

Deel op

‘n Iranse diplomaat het gister gedreig om samewerking van die Internasionale Atoom Energie Agentskap wat ondersoek na ‘n nuwe kernterrein wil instel, te weerhou indien die IAEA te hard druk vir inligting, het deelnemers aan ‘n agentskapvergadering in Wene gesê.

Iran se ambassadeur Ali Asghar Soltanieh het woedend op die agentskap se vrae oor die oorsprong en doel van die Fordu-verrykingsaanleg gereageer, het die bronne gesê, ‘n dag voor die IAEA se tweede inspeksie van die terrein wat Iran in September openbaar gemaak het.

Soltanieh het gesê dit is nie die agentskap se werk om Iran se bedoelings vas te stel nie,” het ‘n diplomaat gesê. Nog ‘n beampte het hierdie weergawe bevestig.

Amptenare na aan die IAEA het uitgewys dat die Fordu-aanleg nie groot genoeg is om kernbrandstof vir kernkragreaktors te verskaf nie, terwyl Westerse beamptes sê dit is net die regte grootte om materiaal vir een kernbom per jaar te maak.

Die IAEA het versoek om amptenare vir die vroeëre beplanningsfase van die Fordu-terrein wat noord van die stad Qom gebou word, te ontmoet. Maar Soltanieh het aangedui dat Iran samewerking met die IAEA kan afskaal indien die inspekteurs te hard druk, het die twee deelnemers aan die vergadering gesê.

Die ambassadeur het ook gesê Iran staar ‘n “politieke situasie binne en van buite” in die gesig, het een deelnemer meegedeel en bygevoeg dat Soltanieh waarskynlik bedoel het dat dit vir hom moeilik is om ondersteuning onder leiers in Teheran vir die IAEA se ondersoek te kry.

Die IAEA se hoof, Mohamed ElBaradei, het in sy jongste verslag gesê dat die gesloerde openbaarmaking van die Fordu-aanleg “aanleiding gee tot vrae oor of daar nog enige ander kernfasiliteite in Iran is wat nie aan die Agentskap verklaar is nie.”

 

deposit freeлобановский александр игоревич класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.