Ultra-nasionalistiese en anti-rassisme jeug bots in Moskou

Deel op

‘n Sluimerende konfrontasie tussen verregse jeug en anti-rassisme aktiviste het in Moskou se strate losgebars na die noodlottige skietaanval op ‘n anti-rassisme aktivis bekend as Beenbreker.

NUUT!

Die geweld spruit voor uit die diep wrewel tussen twee aggressiewe groepe met skerp uiteenlopende visies van Rusland se toekoms – ultranasionaliste wat tienduisende in getalle beloop en militante anti-rassisme groepe wat hulleself Antifa, die afkorting van anti-fascis, noem.

Die voormalige punk-rocker, Ivan Khutorskoi, 26, het sekuriteit vir byeenkomste van anti-fasciste verskaf. Hy was ook daarvoor bekend dat hy kaalvuisboksgevegte onder hulle gereël het en deelgeneem het aan gewelddadige aanvalle op ultranasionaliste.

Khutorskoi is Maandagaand in sy woonstelblok op die buitewyke van die stad doodgeskiet. ‘n Dag later het dosyne gemaskerde mans die hoofkwartier van die pro-Kremlin jeuggroep, Jong Rusland, met klippe, rommel en staalstawe bestook, het die leier van Jong Rusland gesê.

Kritici van die Kremlin sê Rusland se leierskap het Jong Rusland en soortgelyke jeugorganisasies geskep om hulle politieke teenstaanders in toom te hou en om ondersteuning wat by tye slaankrag insluit, op die strate te verskaf.

Anti-rassisme groepe beweer hulle het nou bande met die ultranasionaliste wat hulle fasciste of Nazi’s noem.

Antifa-groepe het onlangs met rasse skrede in Rusland gegroei, sê Galina Kozhevnikowa, die direkteur van Sova, ‘n onafhanklike haatmisdaadmoniteringsgroep. Sy sê hulle ideologie trek linksgesinde jeug en mense wat bekommerd oor voortdurende haatmisdade en xenofobie in Rusland is, aan.

“Die leër van die ultranasionaliste is beslis groter,” sê sy.

Soos in meeste oorwegend blanke lande, is ongebreidelde immigrasie die oorsaak van spanning tussen lede van die oorspronklike bevolking.

 

детский качелиЛобановский

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.