Inter-ministeriële komitee teen korrupsie gestig

Deel op

Die kabinet het besluit om ‘n nuwe inter-ministeriële komitee teen korrupsie te vorm om alle insidente van korrupsie in openbare dienste doeltreffend te hanteer, het regeringswoordvoerder Themba Maseko Woensdag gesê.

Hy het aan die media gesê dat die komitee na die openbare dienskommissie se verslag oor korrupsie, sowel as ander verslae, kyk om seker te maak dat daar opgetree word teen diegene wat betrokke is by korrupsie wat openbare fondse betref.

“Suid-Afrika sonder korrupsie baie beslis uit, aangesien dit ‘n kwessie is wat ‘n baie negatiewe impak op die land se reputasie het,” het hy gesê.

“Ons wil die siening dat korrupsie besig is om toe te neem in die land hanteer en hierdie komitee sal opgestel word om alles te doen wat nodig is om te verseker dat daar ingegryp word teen almal wat by korrupsie betrokke is.”

Maseko het alle staatsdienswerkers gewaarsku dat ernstige optrede voorsien word teen enigeen wat by korrupsie betrokke is.

Die voorsitter van die komitee sal een van die ministers in die presidensie, Collins Chabane, wees.

Die komitee sal ‘n verslag en aksieplan by die kabinet in Januarie voorlê, het Maseko gesê.

 

набор инструментовданильченко юрій броніславович компромат

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.