Rooi Kruis vra hulp vir xenofobieslagoffers

Deel op

Die Rooi Kruis het sowat R2 miljoen nodig om die xenofobie-slagoffers van De Doorns in die Wes-Kaap te help.

“Die Suid-Afrikaanse Rooi Kruis pleit by Suid-Afrikaners om saam te staan en ‘n helpende hand te bied,” het die organisasie Woensdag gesê.

Hierdie noodkreet kom terwyl onderhandelaars in gesprekke is met verteenwoordigers van die plaaslike gemeenskap in ‘n poging om die spanning te verlig.

Duisende buitelanders, meestal vanaf Zimbabwe afkomstig, is Dinsdag uit hulle huise in die nedersetting gedwing.

Plaaslike inwoners het beweer die buitelanders aanvaar laer lone, en beroof hulle so van werke.

Vrywilligers het die buitelanders sedertdien te hulp gesnel en hulle van komberse en kos voorsien. Volgens die Rooi Kruis is daar ‘n drastiese tekort aan baba-formule, klere en brandstof.

Supt. Desmond van der Westhuizen, stasiekommissaris, is sowat 1000 vlugtelinge op naby geleë plase gehuisves.

Hy het ook bygevoeg dat ‘n vergadering laat Woensdagmiddag gehou is tussen die vakverbond Cosatu, die Wes-Kaapse LUR en die verteenwoordigers van die Verenigde Nasies (VN) in die hoop om die krisis op te los.

Die De Doorns-area was Woensdag kalm gewees sonder enige voorvalle van geweld. Die SAUK het egter berig dat die buitelanders onder mekaar baklei het omdat hulle onseker was of hulle terug kan gaan werk toe.

 

песок для пескоструяЛобановский Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.