Tweede sterf na besnydenis

Deel op

Die Oos-Kaap het sy tweede sterfgeval aangemeld in dié somer se besnydenisrituele, het die provinsie se departement van gesondheid Woensdag gesê.

Die 19-jarige het Woensdagoggend gesterf by ‘n onwettige inisiasieskool in die Butterworth area in die Transkei, het woordvoerder Sizwe Kupelo gesê.

Die oorsaak van sy dood is nog nie bekend nie.

Die skool is deur gesondheidsamptenare gesluit.

Nog ‘n swart 19-jarige is vroeër die maand in dieselfde area dood aan dehidrasie.

Kupelo het gesê dat die departement ‘n span na die area sal stuur om ander onwettige skole te sluit.

Die departement was “baie bekommerd” oor die sterftes.

Hulle gaan ook ondersoek instel oor ‘n beweerde onwettige skool die Marhubeni dorpie in die Libodegebied.

 

справка в бассейнтопкарго

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.