Die moderne armoede-vraagstuk aangespreek

Deel op

Dit is duidelik dat die armoede-probleem die grootste enkele probleem is wat die toekoms van SA destabiliseer. Destabilisasie kan op die lange duur politieke opstande inhou. ‘n Politieke rewolusie kan ‘n diktatuur in die hand werk. Dit beteken ook fisiese onsekerheid: moord en doodslag en diefstal, ingevolge waarvan die armes van die rykes steel en in die proses moor en brand.

Die aanspreek van armoede vra ‘n swaar hand. Dit verg dikwels drastiese maatreëls wat binne ‘n demokrasie kontra-produktiewe politieke en staatkundige gevolge inhou. Daar is altyd ‘n politikus en party wat teer en floreer op die griewe van die kiesers. Die een se politieke brood is die ander se uittree-dood. Derhalwe is die probleem wesenlik onoplosbaar, die politieke oogmerke en beloftes ten spyt.

Die oorsake van swart armoede moet gesoek word in die ontembare bevolkingsontploffing. Gesinsbeplanning soos in die Westerse wêreld is onbekend. Dikwels is dit die blinde noodlot en onbeteuelde drange wat tot groot gesinne ly. Inkomste en fatalisme word nie met vermoëns en beplanning uitgebalanseer nie. Van die belangrikste redes in die plofbare bevolkingsgroei in SA is:

* Die reg op vrye vestiging vanaf die landelike gebiede na die stedelike ruimtes volgens eie onbelemmerde keuse, dikwels sonder werk of vooruitsig op behoorlike huisvesting.

* Die onder-ontwikkelde stamgebiede in die voormalige etniese nasionale state.

* Oorgrens-bevolkingsverskuiwings uit buurlande soos Zimbabwe en andere.

* Arbeidswetgewing wat produktiewe boere noodsaak om te meganiseer en dus om van hulle werkers ontslae te raak.

* Die beloning van buite-egtelike geboortes met staatsubsidies.

Die arm-blanke-vraagstuk is egter vanweë geringe getalsterktes eiesoortig. Dat die klem na 1993 in die opheffing van die armes – weg van die blankes na die swartes – verskuif het, is waarskynlik ‘n belangrike faktor. Daarmee tesame het politieke werkreservering ten bate van die swartes en tot nadeel van wittes ‘n belangrike inset gemaak. Dat lae opvoedingspeile en seker ook genetiese armoede in ‘n mindere of meerdere mate medebepalend is, kan nie buite rekening gelaat word nie.

Die onmag van die demokrasie is dat maatreëls ter bekamping van armoede onpopulêr is en dikwels tot ‘n politieke omruiling van die mag, ten gunste van die armes in ‘n sosialistiese mag-staat kan degenereer. Maar met ‘n politieke wil en ystervuis kan die swart armoede-probleem hok geslaan word. Dit sluit in:

* Sluiting van die grense om buitelanders uit te hou.

* Terugwenteling van swart gesinne uit die etniese state na hulle state van oorsprong.

* Ordelike verstedeliking gepaardgaande met gekwalifiseerde verblyfreg in stedelike gebiede met die voorvereiste van ‘n vate adres en werk.

* Terugbring van lyf- en doodstraf vir ernstige oortredings.

* Herinstelling van stamowerhede en erkenning van die leierskap van tradisionele owerhede.

* Intrekking van minimumlone en bevordering van volle indiensneming.

* Welsynstoelae vir die armes en ellendiges maar dan met gepaardgaande dienslewering (opruiming van villus in swart woongebiede, vee van strate, ens.).

* Instandhouding van openbare tuine en parke.

* Herintegrasie van swartes in die landbou, veral in die etniese state.

* Grensnywerheidsontwikkeling rondom die swart etniese stamgebiede.

* Stimulering van tuisnywerhede.

Die blanke-armoede-probleem verg egter ‘n totaal andersoortige strategie. Hierdie voorgestelde strategie kan alreeds nou en veral onder die harde hand van swart regerings ingestel word. Dit behels:

* Vervang armblanke verstedeliking met blanke verlandeliking. Die oproep moet wees: trek julle wortels in die stede op en vestig julle op die platteland!

* Indiensneming van armblankes op plase en boerderye deur vermoënde boere.

* Die daarstelling van volkseie skole, veral op primêre onderwysvlakke.

* ‘n Klemverskuiwing vanaf akademiese onderrig na vakmansopleiding en handewerk.

Dit is nie so lank gelede nie dat armblankes vir meer welvarende blankes op plase as werknemers en selfs bywoners gewerk het. Die kinders op die omliggende plase is in plaasskole onderrig. Dikwels van graad 1 tot standerd 4. Die adel van ‘n volk kom nie noodwendig uit die rykes en slimmes nie, maar ook uit mense wat na aan die natuur leef. Deur in grond te vroetel is daar terapie. Armoede is nie armoede as daar ‘n koei of twee te melk is, as hoenders hulle eiers vir die tafel le en as vars groente uit die klam grond getrek en voorberei word.

Die slotsom waartoe gekom word is dat daar weinig aan die swart armoede-vraagstuk gedoen kan word. Diegene wat te bang is om in te gryp en die natuur sy gang laat gaan, sal vind dat hierdie fatalisme sy eie oplossings bied. Oplossings van toenemende werkloosheid, voedseltekort en siektes. Daar is wel iets aan die blanke armoede-probleem te doen. Die vraag is of die Afrikaners die moed en daadkrag het om die probleem by die horings te pak en aan te spreek. Onthou: ‘n volk red homself!

районная стоматологическая поликлиникаФильчаков прокурор отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.