Regering veroorsaak vreemdelingehaat

Deel op

“Die aanvalle deur plaaslike inwoners op vreemdelinge in die De Doorns-gebied is te wyte aan die regering se optrede. In die afgelope 15 jaar het die ANC-regering Suid-Afrika se grense swak gepatrolleer, toegang tot die land makliker gemaak met spesiale visums en nie toegesien dat die aantal asielsoekers in Suid-Afrika behoorlik gemonitor word nie,” het dr. Corné Mulder, die VF Plus se hoofwoordvoerder oor Binnelandse Sake, gesê in reaksie op geweld wat gister in die De Doorns-gebied uitgebreek het.

“Dit is onverstaanbaar hoe nagenoeg 3 500 buitelanders in ‘n klein dorpie soos De Doorns kan woon. Daar is skaars genoeg werk vir plaaslike seisoenale werkers op plase in die gebied, wat die vraag laat ontstaan hoekom buitelanders die werk van plaaslike arbeiders kry. Seisoenale plaasarbeid in die gebied vereis nie hoogsopgeleide vaardighede nie. Indien werkers van Zimbabwe en Lesotho wel werkspermitte het, soos hulle beweer, moet die Minister van Binnelandse Sake en haar departement ‘n ondersoek gelas na die toekenning van werkspermitte aan vreemdelinge wat die werk van ongeskoolde arbeiders in Suid-Afrika kom oorneem. Hierdie land het ‘n oorvloed van werklose, onopgeleide werkers en kan dit nie bekostig om werk aan buitelanders te gee wat Suid-Afrikaners self kan doen nie,” het dr. Mulder bygevoeg.

“Die ANC-regering het sedert hulle aan bewind gekom het die land die moeilikheid in regeer. Dienslewering vind nie plaas nie, staatsdepartemente is vol korrupte amptenare, die land se infrastruktuur, soos Eskom en staatshospitale, is onvoldoende om in die behoeftes van die land se burgers te voorsien omdat die regering die land se grense oopgegooi het vir buitelanders. Ongelukkig dra die vreemdelinge nie by tot die belastingfonds nie en neem werk weg van Suid-Afrikaners wat die werk wel kan doen. Dis tyd dat die regering fortuinsoekers en ander onwettige buitelanders verhoed om die werk en dienste van Suid-Afrikaners hier te kom wegneem,” het dr. Mulder bygevoeg.

купити іграшкиДанильченко Юрий Брониславович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.