Buitelanders weer onder skoot

Deel op

Sowat 1 000 buitelanders het uit plakkerskamp buite De Doorns in die Wes-Kaap gevlug nadat nuwe gevalle van xenofobie hier uitgebreek het.

Polisie het Dinsdag gesê geen gevalle van fisieke geweld teen buitelanders is aangemeld nie.

Volgens supt. Desmond van der Westhuizen het spanning sedert verlede week in die gebied begin opbou. Dinsdagoggend het plaaslike inwoners buitelanders verhoed om op die vragmotors te klim wat die dorp binnegaan om seisoenswerkers daagliks op te laai.

Plaaslike inwoners het beweer die buitelanders aanvaar laer lone, en beroof hulle so van werke. Die meeste van die buitelanders is van Zimbabwe afkomstig, maar ‘n paar is van Lesotho.

Suid-Afrikaners het ook ‘n paar plakkershutte vernietig voordat die polisie tussenbeide getree het.

In ‘n stadium moes polisie rubberkoeëls gebruik om die situasie onder beheer te bring.

“Die plakkershutte is reeds ontruim,” het Van der Westhuizen gesê.

Volgens hom het 68 buitelanders die afgelope naweek by ‘n munisipale stoorkamer geslaap nadat ‘n geveg in ‘n sjebien uitgebreek het.

Zimbabwiërs was glo by die geveg, wat Vrydagaand plaasgevind het, betrokke en gerugte het die ronde gedoen dat aksie teen hulle geneem sal word.

Teen Dinsdagmiddag het 1 000 mense met hulle besittings by die saal byeengekom en amptenare is op die toneel om die situasie dop te hou. Tans is die situasie rustig, maar polisie monitor die plakkerskamp.

Van Der Westhuizen sê egter hy is bekommerd oor wat in die nag kan gebeur.

Volgens hom woon die meeste van die Zimbabwiërs in die Stoflandplakkerskamp terwyl ander van Ekuphumleni en Hasie Square is. Dié wat van Lesotho afkomstig is woon meestal in Maseru.

 

длинные рубашки для девочеклобановский александр игоревич класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.