21 in Noordwes vas oor geweld

Deel op

21 mense, waaronder agt jeugdiges, is in hegtenis geneem vir openbare geweld tydens ‘n protesoptog oor dienslewering in Seweding naby Mafikeng in die Noordwes.

Supt. Lesego Metsi, ‘n polisiewoordvoerder, het gesê sowat 500 inwoners het bande aan die brand gesteek en die paaie versper nadat die premier van die Noordwes glo versuim het om hulle toe te spreek.

Die polisie het rubberkoeëls op die betogers gevuur om hulle uiteen te jaag.

“Hulle het weer die aand begin betoog,” het Metsi gesê.

Inwoners het voor ‘n plaaslike raadslid se huis saamgedrom en begin klippe gooi.

Een van die raadslid se kinders is beseer en ‘n venster gebreek. Die polisie moes wéér rubberkoeëls en traangas gebruik om hulle uiteen te jaag.

Die 21 mense wat in hegtenis geneem is, sal Dinsdag op aanklag van openbare geweld in die Molopo-landdroshof in Mafikeng verskyn.

 

игры длядєвочєклобановский класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.