Transformasie bevorder rassisme

Deel op

Johann WingardVanweë ons lang geskiedenis van konflik kan dit nie ontken word dat diep gewortelde spannings tussen Suid-Afrika se volksgroepe steeds heers en vir baie dekades nog sal heers nie. Daardie spannings heers reeds vir tweehonderd jaar en dateer terug na die eerse Xhosa-oorlog in 1811, waarna nog agt volwaardige oorloë in die Ooskaap gevolg het, die laaste in 1879. Die ANC-regering probeer nou om die inherente psige van sy landsburgers deur hardhandige maatreëls te onderdruk deur rassisme te kriminaliseer en as die grootste sosiale sonde te verhef – selfs groter as gewapende roof en verkragting.

Tydens en ná die Groot Trek is die Oosgrensoorloë opgevolg deur oorloë tussen Boere en Zoeloes en tussen die Boere en Basotho’s, die Matabeles asook onderlinge gevegte tussen die verskillende swart stamme. Net toe dit lyk of mense in vrede begin saamleef, kom die Britte met hul oorloë teen die Zoeloes en die Boererepublieke, wat die hele spul weer beduiwel het. Al hierdie oorloë was gewelddadig, en die vrouens en kinders is nooit gespaar nie. Dit het gepaardgegaan met haat, wrewel en wantroue tussen volksgroepe wat as rassisme en xenofobie manifisteer en wat in die bloed van die land se burgers ingekruip het.

Diepgaande haat en vooroordele het deel van mense se psige geword. Dit is van geslag tot geslag oorgedra. Swartes het die Boere gehaat en andersom. Niemand het die Engelse vertrou nie. Zoeloes het neergesien op die Sjangaans en die Xhosas is as die opperste skelms uitgekryt. Die arme Boesmans is tot die sandduine verban. Sedert 1994 het Zimbabwiërs, Nigeriërs, Mosambiekers en Somaliërs die teiken van vreemdelingehaat in die groot stede geword, wat selfs tot gewelddadige opstande gelei het.

Die grensoorlog in Angola en SWA is deur baie swartmense as hul vryheidstryd beskou, terwyl die blankes dit as ‘n stryd teen die kommunisme gesien het. Dit het die antagonisme tussen volksgroepe verder verhoog.

Hierdie bloedige konflikte is deur sosioloë as ‘n beskawingskonflik beskryf wat nooit tot ‘n einde sal kom nie. Dit was nog altyd in inheemse stamme se aard om mekaar se weiding en vee te roof. Paraatheid was die enigste werkbare strategie om die plundertogte aan bande te lê – baie soos Israel en die Palestyne wat dieselfde grondgebied moet deel.

Maar ná 1994 is Afrikaners se paraatheidsvermoëns drasties ingekort. Die beskermingsdienste is getransformeer, die kommandostelsel is afgeskaf en wapenwetgewing toegepas om burgers te ontwapen. Sedertdien het terreur weer losgebars en duur onverpoosd voort, wat weer ‘n nuwe antagonisme tussen wit en swart laat opvlam het. Afrikaners voer daagliks ‘n oorlewingstryd teen bendes wat roof, moor en verkrag, presies soos in die Ooskaap van vroeër. Armoede, werkloosheid en misdaad word bygesleep om die swart-op-wit en swart-op-swart geweld te verduidelik, maar daar word geswyg oor ander Afrikalande waar groter werkloosheid en armoede bestaan.

Eenrigtingrassisme het ‘n gerieflike politieke begrip geword. Volgens die meeste swartmense kan rassisme per definisie slegs wit-op-swart wees, omdat swartes “nooit meerderwaardig teenoor wittes sal voel nie”. Die rassesolidariteit tussen swartmense is veral treffend wanneer ‘n swart bestuurder weens onbekwaamheid afgedank word. Hiervoor word die swart bestuursforum (BMF) ingespan met die wete dat iets soos ‘n wit bestuursforum polities onbestaanbaar is. Gelukkig word Solidariteit en Afriforum se bestaan nie bevraagteken nie en kan hulle daardie rol vervul en doen hulle dit ook wel deeglik.

Nou hoe gemaak in ‘n demokratiese land met sy veelgeroemde liberale grondwet?

Teen die agtergrond van die land se geskiedenis is dit gou duidelik dat ‘n totale gebrek aan insig tydens die opstel van die grondwet geopenbaar is. Daar is eenvoudig nooit rekening gehou met die werklikheid van die kultuurklowe tussen landsburgers nie.

Sport en die ekonomie is twee middelpuntsoekende kragte wat die samelewing bestaande uit alle rassegroepe probeer saambind, en dikwels daarin slaag om ‘n mate van samehorigheid te bewerkstellig. Maar dan word die goeie uitwerking daarvan vernietig deur politieke inmenging soos kwotas, rasseteikens en ander ideologiese kwessies soos transformasie.

Vir veral Afrikaners is integriteit die hoeksteen van hul sportondersteuning – integriteit by die kies van spanne, afrigters en administrateurs. Afrikaners sal dikwels ‘n swart krieketspeler soos Loots Bosman verkies bo byvoorbeeld ‘n sukkelende Albie Morkel sodat plek gemaak kan word vir nog ‘n bouler soos Abdullah Ebrahim. Dit gaan dus nie oor ras nie, maar oor gehalte-integriteit om die teenstaanders te kan oorrompel.

Rassisme kom tot uiting waar historiese vooroordele en gedragspatrone tussen rassegroepe opduik as een groep sy wil op die ander wil afdwing. Die antagonisme tussen groepe, wat inherent in die emosionele samestelling van die meeste swartmense en Afrikaners bestaan, lê baie naby aan die oppervlak van hul psiges. Tydens politieke gesprekke tussen groepe kom hierdie antagonisme tot uiting – lees gerus die woernaalgesprekke op die internet, waar die suiwerste vorm van rassisme tussen wit en swart daagliks plaasvind.

Die enigste oplossing om sulke uitings van rassisme te verhoed, is dat een rassegroep nie sy wil op die ander sal afdwing nie. Solank transformasie, SEB, regstellende aksie en kwotas landsbeleid is, sal rassisme dus die onvermydelike uitvloeisel daarvan wees. Die hele beleidsraamwerk, waarvoor geen juridiese fundering bestaan nie, plaas die fokus op rasseverskille en voorkom enige vorm van versoening.

Die kriminalisering van rassisme is dus ‘n vorm van magsmisbruik omdat dit ‘n onregmatige vorm van onderdrukking van normale menslike emosies verteenwoordig.

потолочный светильникДанильченко Юрий Брониславович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.