Daar is sterk gerugte dat die nuwe wêreldkampioen van Brawn GP, Jensen Button, na Mclaren wil skuif. Button en Brawn gesels nog oor die groter salaris wat Button wil hê.
Soos die spreekwoord lui: “Waar daar ‘n rokie trek… Die feit dat Button Vrydag deur die Mclaren F1-aanleg in Woking, Engeland geneem is vir ‘n oënskynlike onskuldige toer het ook nie veel gedoen om die gerugte in die kiem te smoor nie.
Sou dit verwesenlik word, sal Jenson die Mclaren-sitplek met die 2008-wêreldkampioen Lewis Hamilton moet deel. Nou dit sal nogal ‘n kopseer vir die manne in Woking veroorsaak, want wie is dan nou jou nommereenbestruurder, die jong opkomende en sommer ook polities korrekte Lewsis Hamilton (23) of die ou leliewit veteran Button (29) wat tien jaar geneem het om ‘n titel te wen?