En die vlag was agterstevoor…

Deel op

Die Suid-Afrikaanse ambassade in Parys het in ‘n verklaring gesê hulle het nie vir Ras Dumisani aan die reëlingskomitee van Vrydag se wedstryd tussen Suid-Afrika en Frankryk aanbeveel nie.

Die ambassade het gesê hulle het ook agtergekom dat die Suid-Afrikaanse vlag tydens die geleentheid agterstevoor vertoon is.

“In alle gevalle verskaf die ambassade slegs inligting, maar in meeste gevalle is hulle nie in ‘n posisie om die bevoegdheid en bekwaamdheid van partye betrokke te verseker nie,” het die verklaring gelui.

“In hierdie geval het die ambassade slegs een naam van ‘n Suid-Afrikaanse sanger in Frankryk gehad, en die ambassade het die naam van sy agent in Frankryk aan die Franse Rugby-unie deurgegee.”

“Dit was egter nie ‘n aanbeveling van die ambassade se kant nie, omdat die ambassade nie vooraf enige blootstelling van die sanger se optredes of vertonings gesien het nie. Hy is ook nie ‘n bekende kunstenaar nie.”

Op ‘n vergadering op 8 Septmeber met beamptes van die Midi-Pyrenees Rugby Unie in Toulouse, was die ambassade gevra om ‘n Suid-Afrikaanse sanger voor te stel, wat in Frankryk woonagtig is, om die volkslied tydens die wedstryd te sing.

“Omdat dit nie ‘n aangeleentheid vir die ambassade was nie, was die ambassade nie in ‘n posisie om enige kunstenaars aan te beveel of te soek nie. Hierdie geleentheid moes met die Suid-Afrikaanse Rugby-unie bespreek geword het.”

“Die ambassade het verder onderneem om die Franse Rugby-unie van enige Suid-Afrikaner in te lig wat dalk in Frankryk mag toer, maar daar was niemand op daardie tydstip nie.”

“Die ambassade het geen onderhandelinge met die partye betrokke gehad nie, en verwerp alle aantygings dat die ambassade die sanger aabveveel het”, aldus die verklaring.

Ras Dumisani het groot kritiek ontlok nadat hy die volkslied in verkeerde noot gesing het, en van die lirieke nie geken het nie.

Die Jong Kommuniste-liga eis nou ‘n verskoning en het versoek dat Dumisani voortaan net in sy eie stort moet sing. Intussen het Dumisani aangedui dat die klanktoerusting geblammeer moet word, omdat hy voor sy klanktoets aangedui het daar is fout, maar niemand het iets daaromtrent gedoen nie.

 

ресиверФильчаков прокуратура харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.