Kosie sukkel vreeslik in Toulouse

Deel op

{jathumbnail off}

Die ANC se kenwysie, Nkosi Sikelel’ iAfrika, oftewel Kosie Sukkel Vreeslik in Afrika, is ‘n treurige, eentonige tweeslagkinderkransliedjie, waarvan die vertaling ”God seën Afrika” is. Dis met ander woorde ‘n Christelike of godsdienstige liedjie (in die mate waartoe Afrika se tribalistiese sinkretisme as ‘n Christelike godsdiens bestempel kan word) in teenstelling met ‘n volkslied in die tradisionele sin van die woord. Siende dat die Almagtige klaarblyklik juis nié die ewige verloorderkontinent seën nie, en hom klaarblyklik versaak het, is Kosie Sukkel Vreeslik uiteraard ‘n riel wat baie ryk is aan ironie.

Dit is voorts ryk aan ironie omdat Afrikaners en die meeste blankes, uitgesonderd ‘n paar liberale tipes uit die noordelike voorstede van Johannesburg, hoegenaamd geen aanklank met Kosie Sukkel Vreeslik kan vind nie. Ek was al langs die veld by ‘n hele paar Springboktoetse, en by almal van hulle het die oorgrote meerderheid van my medetoeskouers nie saamgesing nie, en selfs gesit terwyl Kosie Sukkel Vreeslik gespeel is. Dit het op dees aarde niks met ons te make nie. Die rede hiervoor is eenvoudig: ‘n Suid-Afrikaanse volk bestaan nie en dis gevolglik slegs die ANC wat met nostalgie terugdink aan die dae toe hulle in luukse ballingskap in Londen Kosie Sukkel Vreeslik gesing het. Kosie Sukkel Vreeslik kan insgelyks vir die koddige swart Engelsmannetjie in sy pers rokkie en met sy skril stemmetjie, Desmond Tutu, tot trane wil stem, maar met my het dit niks uit te waai nie. Soos Jimmy Kruger met Steve Biko se dood in aanhouding, laat Kosie Sukkel Vreeslik my en stellig die meeste ander Afrikaners koud.

Vir die redes hierbo aangevoer, het ek my absoluut verkneukel in die verkragting van Kosie Sukkel Vreeslik deur die rastafariër Ras Dumisani vóór die Springbokke se toets teen Frankryk in Toulouse die pas afgelope Vrydagaand. Ek het dit só geniet dat ek skoon bereid is om hom te vergewe dat hy mý volkslied, Die Stem, insgelyks in die proses verwoes het.

{japopup type=”youtube” content=”http://www.youtube.com/v/AxAc6O_WBFE&hl=en_US&fs=1&” width=”640″ height=”380″ title=”Springboks / National Anthem”}Springboks / National Anthem
Springboks / National Anthem
{/japopup}

Want sien, die boorling van Natal, Ras Dumisani, se aanslag op ons ore is ‘n perfekte metafoor vir een van die fundamentele probleme van die sogenaamde reënboognasie. Dis nie dat swartes nie kan sing nie; inteendeel. Ek verstout my om te sê dat die cliché waar is: witmense het nie soveel ritme of musiektalent as ons donkerder medeplaneetbewoners nie. Daar is heelwat swartes wat ‘n hond uit ‘n bos uit kan sing. Whitney Houston kan byvoorbeeld die noot kennelik hou, en so ook kon Nat King Cole.

Die probleem is egter dat Ras Dumisani juis nié ‘n boombenewelde weergawe van Whitney Houston of Nat King Cole is nie, al is dit ‘n weergawe met ‘n beduidende parasietlading in sy gevlegde kroese. Inteendeel; hy kan nie eens die noot so goed hou soos Jurie Els nie… Ras Dumisani se musiektalent is in dieselfde liga as Julius Malema se standaardgraadaanleg vir houtwerk. Dumisani is stellig nié gekies van die lys van sangers wat deur die SA ambassade in Parys verskaf is omdat hy kon sing nie, maar bloot omdat hy swart was, en juis daarom het slim sy baas gevang. Klink dit nie bekend nie – mense wat in poste aangestel word, mense wat take gegee word, nie omdat hulle opgewasse is daarvoor nie, maar bloot omdat hulle velle donker genoeg is?

Dumisani is die presiese eweknie van Jacob Maroga en bykans al die ander swart bestuurders van semistaatsorganisasies, staatsdepartemente, asook maatskappye in die privaatsektor, wat insgelyks gekies is, nie omdat hulle bestuursvaardighede het nie (en weer eens: ek ontken nie dat daar wel sulke swartes is nie), maar bloot omdat hulle swart was.

Dumisani het Kosie Sukkel Vreeslik dus onafwendbaar getransformeer – getransformeer na ‘n volslae grap, ‘n gekkespul, ‘n sirkus; kortom in sy moer in. Om te skryf hy was so vals soos ‘n kat tydens sy geskree van Kosie Sukkel Vreeslik, sou wees om bronstige mannetjieskatte tydens die paarseisoen te beledig. Bronstige mannetjieskatte is Pavarotti’s in vergelyking met Dumisani. Nie net was hy, die orkes, die wysie en die ritme onbekend aan mekaar nie, maar het hy ook plek-plek die woorde vergeet, veral met Die Stem. Weer eens is sy vals gekerm ‘n perfekte analogie vir regstellende aksie en SEB.

Jacob Maroga, wat stellig minder boom gerook het as Ras Dumisani (wat op sy beurt waarskynlik sleg afsteek by Koos Kombuis en kie waar dit by die misbruik van verbode middels kom), maar eweneens aangestel in ‘n pos wat hopeloos ver bokant sy vuurmaakplek was, het Eksdom ook getransformeer na ‘n simfonieorkes waarin die musikante elkeen hul eie wysie, in hul eie musikale sleutel speel, indien nie ‘n sirkus nie. Dumisani is glo ‘n professionele musikant wat ‘n reggae-orkes gehad het. Maroga is ‘n gekwalifiseerde elektriese ingenieur. Nie een van die twee kan dus op agtergelate status aanspraak maak nie. (Dit moet agtergelate wees want agtergeblewenheid sou sinspeel daarop dat die fout by hulle is.)

Toe die onvermydelike gebeur en Dumisani gestriem is oor sy vals gesingery, het hy totaal voorspelbaar opgetree. Hy het, volgens hom, pragtig gesing – wat is dus die probleem? Dit herinner weer eens aan Jacob Maroga, wat sy transformasie van Eksdom ook as ‘n groot sukses beskou het. Maroga het immers daarin geslaag om al wat ‘n blanke bestuurder is met ‘n swarte te vervang, en dís wat tel, nie waar nie? Wat maak dit nou saak as die krag dan en wan af is, of as pryse met 300% moet styg? Al wat steeds skort, is dat Dumisani sy kritici as rassiste gaan bestempel. Dit kan nie ver wees nie.

Soos Gustav Venter voorspel het in sy berig, gaan Ras Dumisani se weergawe van Kosie Sukkel Vreeslik klassieke YouTube kykmateriaal word.

how to promoteФильчаков прокуратура харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.