{jathumbnail off}
Kook 400g penne pasta en voeg 400g ontvriesde rou garnale net voordat die pasta gaarkook, by. Dreineer en spoel in koue water. Skep in ‘n bord. Sny ‘n ryp avokadopeer in blokkies en halveer 20 kersietamaties. Meng versigtig by sodat die avokadopeer nie fyndruk nie. Kerf 2 grasuie oor die slaai met ‘n handvol roket- en basiliekruidblare.
Maak ‘n slaaisous van ‘n eetlepel of drie olyfolie, ‘n knoffeltoontjie en suurlemoensap en bedrup.
Voel of daardie bottel sauvignon blanc al koud is en smul!