SA swemmers vat vlam in die water

Cameron van der Burgh het sy tweede borsslagwêreldrekord binne 24 uur aangeteken en dít, tesame met ‘n wêreldrekord van Darian Townsend en ‘n byeenkomsrekord van Roland Schoeman, het die Suid-Afrikaanse stormloop na glorie gister in die finale sessie van die FINA/Arena-swemwêreldbeker in Berlyn, Duitsland, gelei.

Van der Burgh het 55,61 sekondes geneem om die 100-meter borsslag te voltooi, wat onder sy rekord van 55,59 wat hy in Suid-Afrika aangeteken het, ingekoes het. Nog ‘n Suid-Afrikaner, Neil Versfeld was derde in dié resies.

Townsend het sy indrukwekkende vorm voortgesit deur ‘n wêreldrekord van 1:51,55 in die 200-meter individuele wisselslag op te stel. In die presies het hy die Amerikaanse legende, Michael Phelps, geklop. Van der Burgh en Townsend het elk 10,000 Amerikaanse dollar vir hulle rekords ontvang.

Schoeman het ‘n byeenkomsrekordtyd van 20,57 in die vyftig meter vryslag opgestel.

Aan die vrouekant het Mandy Loots ‘n  silwermedalje in die 200-meter vlinderslag en Chanelle van Wyk ‘n bronsmedalje in die 100-meter rugslag gebuit.

online casino games no deposit required

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.