Vegvlieënier verongeluk

Deel op

‘n Vlieënier is dood nadat sy vegvliegtuig Saterdagmiddag by ‘n lugskou in Bredasdorp in die Wes-Kaap se Overberg-distrik neergestort het en toe aan die brand geslaan het.

Volgens lt. Marius van den Heever is die dood van die vlieënier bevestig. Hy is glo uitgeken as Dave Stock (46).

Volgens ‘n ooggetuie was die vlieënier in die middel van sy vlug toe hy noodoproepe gemaak het. Hy het glo uitgeskiet voor die vliegtuig die grond getref het en ‘n soektog was onderweg om hom op te spoor.

“Geen ander sterftes of beserings is aangemeld nie,” het van der Heever gesê.

 

starАлександр Фильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.