Krieket: SA vandale vernietig bal

Deel op

Gister het Graeme Smith en Loots Bosman op ‘n nut vir die planke waarmee hulle op die veld verskyn het, afgekom: Hulle het dit gebruik om die balle wat die Engelse na hulle geboul het, weg te slaan. Smith het die loot in die tweede T-20 wedstryd, dié keer op Centurion Park in Verwoerdburg, gewen en besluit sy span sal eerste kolf. Daarna was dit Vreet-‘n-Soutiefees en Smith en Bosman het onbeskaamd brassery gepleeg.

Dis asof die kolfblad ontwerp was om enige bal, van ‘n stadige toller tot ‘n blits, netjies te laat opwip in daardie kringbaan waar die kolf met maksimum geweld opdaag.  En dis asof die Engelse boulers geneties daartoe verbind was om te boul waar die Suid-Afrikaners die bal met volle moordadigheid kan klop. Smith het uiteindelik 88 van 44 balle en Bosman 94 van 45 balle gesloeg. Die span het ‘n ontsaglike telling van 241 vir ses opgestapel. Die veldwerkers het meestal met hulle neuse, Charlie Brown-styl, na bo gestaan terwyl hulle die bal se swierige trajek oor hulle koppe dophou. Suid-Afrika het ‘n wêreldrekord van 19 sesse in ‘n beurt geslaan.

Die Engelse het skaflik gekolf, maar van die afsetterskoot af daarin gefaal om naby die vereiste dosyn-en-bietjie lopies per boulbeurt te kom. Hulle is uiteindelik almal uitgehaal vir ‘n karige 157 lopies wat hulle agt paaltjies gekos het.

Suid-Afrika wen met 84 lopies. Dis wat in krieketterme as ‘n loesing bekend staan.

моющий пылесос karcherФильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.