Is daar lewe ná die reënboog?

Deel op

As kind is ek deur die helder kleure van die reënboog getref.

Reusereënboë het gereeld ná ‘n hewige donderstorm oor die Vrystaatse vlaktes gevorm en van horison tot horison gespan. Dan het die grootmense gepraat van ‘n mitologiese pot goud aan die einde van die reënboog. Dit het die romantiek daarvan verder verhoog en my geestesoog het ‘n reusagtige goudkleurige kleipot, volgepak met goue muntstukke opgetower. Vir baie kinders het daardie beeld seker ‘n hunkering na kennis en rykdom laat ontstaan.

In die natuur word die reënboog gevorm deur klein ronde waterdruppels wat die lig van die agterste sykant deur die fyn druppeltjie se liggaam refrakteer in ROG G BIV, oftewel rooi, oranje, geel, groen, blou, indigo en violet, in daardie volgorde. ‘n Reënboog bevat nie swart of wit nie. Trouens, wanneer wit lig deur ‘n prisma gedefrakteer word, is hierdie kleure presies wat mens sien. Die somtotaal van daardie kleure is dus wit lig. Is dit swart lig wat die duisternis veroorsaak?

Maar ‘n reënboog is van korte duur. Daar moet spesifieke fisiese toestande heers vir ‘n reënboog om te kan bestaan. ‘n Effense windjie in die lug, ‘n klein verandering van die sonstrale se invalshoek, en die reënboog verdwyn. Dit is dan wanneer ek ‘n vreemde leegheid in my ervaar het terwyl ek kaalvoet deur die waterplasse in die veld gestap het.

Met sy kenmerkende idealisme het biskop Desmond Tutu die nuwe Azaniese nasie tot die Reënboognasie gedoop – ‘n nasie wat in sonde ontvang en gebore is – ‘n nasie met verraad en ontug as vader en terrorisme en bedrog as die moeder – ‘n nasie wat die samevoeging van uiterstes verteenwoordig…

Tutu se reënboognasie bestaan uit verskeie beskawings en kwasiebeskawings. Van hartoorplanters tot woestynkinders, van Asiatiese afstammelinge tot Zoeloekrygers, van Arabiese handelaars tot veewagters, van wynmakers en landbouers tot kernfisici.

Almal het hul tradisies, kultuur en godsdiens behou, wil daaraan vaskleef, want dit is al wat enige sekerheid bied. Die reënboognasie is ‘n samevoeging van mense wat nie met ander wil vermeng nie, maar aan hul fundamentele lewensbestaan en lewensbeskouing getrou wil bly.

Die “nasie” is ‘n politieke en administratiewe entiteit wat deur die politiek geskep is. Dit sluit al die mense in wat wettig binne die landsgrense woon. ‘n Nasie is dus soos ‘n reusagtige portret wat uit die duisend stukke van ‘n legkaart saamgestel is. Elke stukkie is ‘n enkeling, dog ook deel van sy omliggende deeltjies wat saam die roostuin of die seiljag vorm, met ander stukke wat die kranse uitmaak en ander weer die wolke. Om die geheelbeeld te vorm, moet elke stukkie aan sy eie kleur en vorm getrou bly om die legkaart te voltooi.

Die Westers georiënteerde groep het die verantwoordelikheid op hulle geneem om tientalle sentrums van uitnemendheid op te rig en in stand te hou. Onwillekeurig dink mens aan Eskom, Denel, die AEK, die weermag en polisie, die spoorweë, die SAL, die hospitale, universiteite, onderwyskolleges, munisipaliteite, landbounavorsing, WNNR om nie van die Landbank en die voormalige tuislandprojekte te praat nie. Maar daardie wit ligte, wat die kleur aan die reënboognasieverskaf het, is een vir een afgeskakel en deur ‘n swart lig vervang.

Toe die seiljag se stukke begin om jag te maak op die roostuin en toe die wolke met die kranse begin meeding, is die stukke van die legkaart uitmekaargedruk en die beeld vernietig. ‘n Reënboog kan nie in ‘n windstorm voortbestaan nie, ook nie as die son ondergaan nie. Vir Afrikaners se sentrums van uitnemendheid is die ligte reeds afgeskakel. Die reënboog het reeds onherroeplik verdwyn. Dit is wat transformasie eintlik beteken, naamlik om die Westerse lig af te skakel en met ‘n swart lig te vervang.

Die vordering van die kommunisme binne ANC-geledere het reeds kennis gegee dat ‘n windstorm aan’t kom is. Die woelinge binne en rondom Eskom sal die ligte eersdaags afskakel en ons letterlik en figuurlik in die duister laat.

Maar soos die reënboog in die nag verdwyn het, het ons hoop en geloof egter nie verdwyn nie. Ons weet dat die son weer sal skyn en dat die aarde weer sal bloei ná vanmiddag se goeie reënbui. Daar is tog lig ná die reënboog. Ons is net te veel, te sterk, te slim en te belangrik om te verdwyn. Gelukkig sien ons reeds tekens van sterk leierskap op die horison en sal Afrikaners en Boere se leiersraad eersdaags die leiding begin neem.

suhb для дівчатокФільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.