Eugene Terre’Blanche: ‘n ‘cowboy’ wat kan terugkeer

Deel op

Dan Roodt sit hierdie keer die pot mis en maak ‘n strategiese fout met sy kommentaar oor Eugene Terre’blanche in sy rubriek: Antjie Krog – Beroepsafrikaner en nar.

Roodt skaar homself nou by Harald Pakendorf wat jaarliks by die Aardklop-kunstefees met die “Diskoers”-bespreking vir die gehoor aankondig Eugene Tere’blanche het van ‘n perd afgeval. (Ek plaas “Diskoers” in aanhalingstekens want al die deelnemers vertel altyd vir mekaar hoe goed dit in die nuwe SA gaan.)

Die storie van Eugene Tere’blanche se perd afval, die groen onderbroek, ens., het die uitlaatklep geword vir mense wat diep gefrustreerd is met hul eie mislukkings enof die mislukkings van die politieke bedeling waarvoor hulle gestem het. Dit is dus onnodig dat Roodt homself in hierdie groep plaas.

Ek is of was nooit ‘n AWB-ondersteuner of aanhanger van Eugene Terre’blanche nie, maar wil ‘n paar punte vir oorweging stel voor daar weer met ‘n moddergooiery teen Terre’blanche begin word:

  1. Terre’blanche het waarskynlik in twee onderhoude op RSG meer Afrikaners bereik en op een of ander manier geraak as wat Praag in sy bestaan gedoen het. Daarmee bedoel ek nie Praag het nie ‘n rol om te vervul nie.
  2. Meer mense luister na Steve Hofmeyer as na Helen Zille en Pieter Mulder saam. Laasgenoemde het die afgelope 15 jaar,met of sonder Constand Viljoen, niks uitgerig nie. Helen Zille het nog nie agtergekom, soos Van Zyl Slabbert reeds 20 jaar terug, dat sy besig is met ‘n oefening in futiliteit nie.
  3. Meer mense lees een uitgawe van Die Huisgenoot as die boek van R.W. Johnstone “South Africa’s Brave New World” waar hy die ineenstorting van die nuwe Suid-Afrika beskryf.
  4. Eugene Tere’blanche het in een onderhoud op RSG ‘n kristalhelder beeld opgeroep van sy visie vir die Boerevolk. Ná 15 jaar weet ek nog nie eintlik wat die Vryheidsfront Plus, Solidariteit, Afriforum, die FAK, ens. wil bereik nie. (Ek vermoed hulle weet self ook nie.)

Hoekom kan Eugene Terre’blanche weer ‘n suksesvolle terugkeer maak?

  1. Die Western “Destry rides again” van Max Brand is die verhaal van ‘n cowboy wat onskuldig in die tronk geplaas is vir ‘n daad wat hy nie gepleeg het nie. Hy kom dan terug uit die tronk om met sy vyande af te reken, nadat hulle hom reeds afgeskryf het. Hierdie boek was die inspirasie van ‘n hele genre Hollywood-films die afgelope 70 jaar. Die sogenaamde “comeback kid” het ‘n rolmodel vir Amerikaanse politici geword, waaronder Bill Clinton. Die “comeback kid” kry gewoonlik geweldige simpatie by die publiek.
  2. Die liberale Afrikaanse establishment het ‘n onsettende probleem indien Terre’blanche suksesvol sou terugkom, want ons het hier ‘n groot kommunikeerder. Wat die situasie so interessant, selfs gevaarlik, kan maak is dat Terre’blanche ou geraamtes uit die klerekas kan begin haal oor die oorgang en “wonderwerk” van 1994.

Die liberale Afrikaanse establishment het twee riskante opsies indien Terre’blanche te suksesvol raak:

  1. Smeer hom deur die media soos in die verlede.
  2. Verwyder hom permanent uit die samelewing soos Verwoerd en Robert Smit.

Die probeem met die eerste opsie is: hoe smeer jy ‘n man wat in die modder lê en wil opstaan sonder ‘n publieke teenreaksie? Die probleem met die tweede opsie is: gaan jy daarmee wegkom as jy nie die land meer regeer nie?

Daar is tans ‘n sosiopolitieke vakuum by die Afrikaner wat nie deur die partypolitieke stelsel gevul word nie.

Om op te som:

  1. Eugene Terre’blanche kan nie nou meer skade aanrig aan die Boeresaak as 15 jaar terug nie. Inderwaarheid kan hy nou ‘n positiewe bydrae maak.
  2. Antjie Krog is besig met ‘n reusetaak om die verligte Afrikaner se beeld as naïef, verward en bespotlik te maak. Sy moet maksimum mediablootstelling hierin kry.

Bogenoemde twee faktore, tesame met ‘n verwarde en onseker Afrikanerestablishment, kan onderhandelinge vir die Boeresaak van selfregering sterk bevoordeel.

палатки киевФильчаков Александр Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.