Springbokke kla oor NSA-lied

Peter de Villiers
Deel op

Peter de VilliersDie Springbokke het gekla oor hoe swak die Nuwe Suid-Afrikalied voor hul 20-13-nederlaag Vrydagaand teen Frankryk gesing is.

Die afrigter, Peter de Villiers, sê die Franse het hul oorwinning in Toulouse verdien, maar is kwaad vir die gashere oor die swak sangvertoning.

Die sanger het by tye stil gebly en gesukkel om die woorde te onthou.

“Ons is ontsteld oor die feit dat die Franse geen respek vir ons volkslied getoon het nie,” het de Villiers gesê.

“Hulle het nie iemand gekry wat dit ken nie en het geen respek daarvoor getoon nie…ons verwag dat almal respek toon vir enige volkslied.”

Die woorde van die volkslied is ‘n mengelmoes van vier van Suid-Afrika se 11 amptelike tale.

Die slot Victor Matfield het gesê die spelers was baie geskok en het weens dié blaps konsentrasie verloor.

“Elke keer as ons op die veld gaan en die volkslied sing, is dit baie belangrik vir ons. Dit is iets wat jou regtig opgewonde maak omdat jy vir jou land speel.”

“Dit was ‘n grap en die ouens kon nie eens saamsing nie. Die toeskouers het selfs begin lag. Dit was regtig teleurstellend.

Die reggae-sanger het op sy beurt gesê hy dink hy het die volkslied “pragtig” gesing.

Ras Dumisani, wat van Durban afkomstig is, het gesê niemand het vir hom gesê dat hulle ontsteld is oor sy singery nie.

Twee tromspelers van sy Afrikhaya Band en ‘n blaasorkes het hom begelei.

Die Suid-Afrikaanse volkslied is voor Frankryk se bekende “Marseillaise” gesing.

банные печи с баком для водыЛобановский

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.