Springbokke se flenterwysie in Frankryk

Deel op

Wat op aarde het wie op aarde gedink?

Suid-Afrika se saamgeflanste ellende van ‘n volkslied is gisteraand voor die toets teen Frankryk in Toulouse gesing deur iemand wat lyk of hy per ongeluk daar was. “Nee, ek het nie vir jou geld vir ‘n halfbrood nie, maar kom saam dan sing jy Nkosi Sikelele…” Oud, pikgietswart, ‘n rasta met grillokke wat amper op sy bewerige knieë hang. Hy en die orkes was vreemdelinge vir mekaar en die konsep dat hy op die noot, in ritme en op die wysie moet sing, het nooit by hom geregistreer nie. En nou het hy ook so ‘n heserige gilstemmetjie, soos ‘n kriek in ‘n sinkbad. Ag sê my tog iemand het die wedstryd opgeneem. Dié weergawe van “Oom Kosie soek ‘n lêplek in Afrika” is suiwer Youtube-goud. Toe neem die Springbokke die veld en dít is waar die werklike verleentheid plaasgevind het.

Al die voorspelbare elemente van ‘n neerlaag was daar: Die Franse voorpak was meer gehard, vinniger, meer verbete en tot die oogballe toe opgesous met veglus. Agterlangs was dit chaos met binnesenter Adi Jacobs wat rondkrabbel asof hy iets in die donker soek, onseker of dit ‘n handgranaat of sy kontaklense is. Op vleuel was JP Pietersen so oorgretig soos ‘n worshond in ‘n slaghuis en Jaque Fourie moes dikwels drie posisies se verdediging volstaan. Kankowski het die bal telkens in die lakslag met groot flambojantheid aangeslaan en die onwettige immigrant, Tendai Mtawarira, se kop is amper in sy slukderm in geskrum.

Die Bokke het nieteenstaande, so verrassend soos wysheid uit Malema se mond, die voortou geneem met ‘n Morné Steyn-stelskop, ‘n Morné Steyn-skepskop en ‘n John Smit-drie. Die drie het gekom nadat Victor Matfield paniek in die Franse lynstaan gesaai het. Deur meer geluk as planmatigheid is die bal ‘n muistongetjie ver van die Franse doellyn uitgeskop. Die Franse haker, sy oë vasgenael op Matfield, het die hele lynstaan misgegooi, Smit het die meevaller gevang en bo-oor die tengerige Franse skrumskakel gehardloop vir sy drie.

Jake White hét gesê ‘n wedstrydplan kan nié op die veld verander word nie. Maar hoekom nie? Hoeveel moeiliker is dit om ‘n bal uit te skop as veldaf? Want teen hierdie tyd was dit duidelik dat hulle skop-en-storm-meesterplan te veel myle op die klok het. Hoekom sal jy nie lynstane wil hê as jy die teenstaander se bal so maklik soos jou eie wen nie?

Maar uitskop, volgens die meesterplan, het hulle nie uitgeskop nie. ‘n Teenaanval, ‘n Adi Jacobs-verdwyning op verdediging en voilà, Vincent Clerc gaan druk vir die Franse, en dít terwyl John Smit nog nie sy geluk oor sy eie drie kon glo nie.

Die Jacobs-Pietersen-kombinasie het weer toegeslaan, naby die einde van die wedstryd. ‘n Dreigende Springbok-aanval het uitmekaar geval toe Jacobs die bal in kontak laat val het. Die Franse het uit hulle kwartgebied aangeval en die bal veldaf oor die kantlyn geskop. Pietersen, in een van die mees bisarre breinstuipe wat ooit in ‘n Springbok-trui gesien is, besluit toe om die bal vinnig in te gooi – sonder dat daar ‘n spanmaat in sig is. Die Franse het skoon van genot gehuppel en afgesit doellyn toe. Net ‘n professionele stukkie misdaad van Kankowski het die Hane verhoed om ‘n drie te druk; daarvoor het hy ‘n geel kaart gekry en die Franse het strafskop nommer vyf behaal om die Springbokke uit sig te laat verdwyn.

Die Franse, vir al hulle ywer en al die Bokke se geploeter, wen net met 20-13. Dít is Heinrich Brüssouw se skuld. Hy was vraatsig op verdediging, nie tevrede om net sy eie kwota pletter te loop nie. ‘n Goeie dosyn keer het ‘n Franse aanval in die konsepstadium uitgeflikker wanneer Brüssouw die bal afrokkel of nóg ‘n speler met bal en al vasknoop.

Nou ja, hierdie was nie ‘n algehele vrugtelose aand nie. Ons het darem beleef dat Nkosi Sikelele gesing word soos dit verdien om gesing te word.

в вузтопкарго развод

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.