‘Onskuldiges wat sterf onvermydelik’

Deel op

Fikile Mbalula, adjunkminister van polisie, sê dit is onvermydelik dat onskuldige mense in die kruisvuur tussen die polisie en misdadigers getref kan word.

Hy het Donderdag planne om die polisie meer mag te gee om dodelike skietkrag te gebruik, verdedig.

“Onskuldiges sal altyd geteiken word,” het Mbalula aan joernaliste in die parlement gesê.

“In die spesifieke situasie waar iemand in ‘n skietgeveg met misdadigers beland, sal onskuldige mense nie opsetlik doodgaan nie, maar wel in die kruisvuur.”

Hy het gesê iemand sal altyd seerkry in die stryd teen misdaad en die onlangse gevalle waar onskuldige mense deur die polisie geskiet is, kan nie op die ministerie se beroep om terug te skiet as polisielede met gevaarlike misdadgers te kampe kom, blameer word nie.

“Ons kan nie sê die polisie moet terugstaan nie. Ons kan nie sê Suid-Afrikaners raak wanhopig nie. Ons werk is om mense hoop te gee.”

“Ja. Skiet die bliksems. Die moeilike, hardnekkige bliksems.”

Mbalula het voorts belowe om artikel 49 (die “hardloop-en-skiet-wet” wat in 2002 herroep is) te wysig.

Dié wysiging gee die polisie die reg om te skiet om te dood, al is hul lewens of dié van onskuldige omstanders in gevaar.

 

камин в домеtopcargo отзыв

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.