Kuba eersdaags in die duister?

Deel op

Kuba het “buitengewone maatreëls” aangekondig om energieverbruik te sny tot die einde van die jaar om die gehate kragonderbrekings wat die land in 1991 met die val van hulle troue bondgenoot, die Sowjet-Unie, gekenmerk het, te probeer pypkan.

In dokumente wat Reuters bekom het, waarsku owerhede dat die eiland ‘n “kritieke energietekort” in die gesig staar.

Alle nie-essensiële fabrieke, werkswinkels, yskaste en lugversorging wat nie noodsaaklik is om medisyne en kos te bewaar nie, moet afgeskakel word.

Kuba het regeringsbesteding en invoere reeds tot op die been gesny weens die wêreldwye finansiële krisis.

President Raul Castro sê die bedoeling is om die kragonderbrekings van die negetigerjare te vermy. In die somer is te veel energie gebruik en kragonderbrekings gaan onvermydelik wees indien die verbruik nie drasties afneem nie.

Reeds in Junie is Kuba se nywerhede gevra om hulle kragverbruik met 12% in te kort of gedwonge beperkings te trotseer.

Kuba gebruik meer krag as wat die regering kan bekostig. Gedurende die negentigs is 93 000 vate ru-olie per dag van Venezuela ontvang, wat twee-derdes van Kuba se brandstofbehoeftes gedek het.

In ruil het Kuba mediese personeel en vaardighede aan Venezuela beskikbaar gestel, maar tans knel die ekonomiese krisis erg.

Handel is met 36% af, terwyl invoere met 30% afgeneem het. Buitelandse maatskappye se bankrekeninge is ook intussen bevries.

 

купить конверты на выписку для новорожденных спбДанильченео

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.