Nederland kan dalk soldate na Afrika stuur

Deel op

Die Nederlandse regering kan dalk soldate vir vredesoperasies na Afrika stuur. Die drie lande wat oorweeg word, is Soedan, Somalië en die DRK.

Die Nederlandse oggendkoerant Algemeen Dagblad berig dat die Nederlandse minister van ontwikkelingsamewerking Bert Koenders die premier, Jan Peter Balkenende, in die geheim oor die aangeleentheid ontmoet het.

Twee vise-premiers, Wouter Bos en André Rouvoet, asook met die ministers van verdediging en buitelandse sake, Evert Middelkoop en Maxime Verhagen was teenwoordig tydens die ontmoeting volgens ‘n vertroulike memorandum in die koerant se besit.

Luidens die memorandum kan sulke operasies moontlik in die toekoms sonder ander Europese lande of Navo oorweeg word.

Daar heers tans politieke onenigheid in dié land of Nederland in Afganistan moet aanbly ná die afloop van hulle mandaat aanstaande jaar.

детский игры для девочекФильчаков Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.